Melanie Grobler gesels oor haar nuutste digbundel, Deur die ruimte van reis. (Versindaba)
Navorsing deur die Johannes Gutenburg-universiteit in Duitsland het bevind dat lesers al hoe meer daaraan gewoond raak om op alternatiewe maniere te lees. Verkies jy steeds 'n tradisionele boek? Die studie het bewys dat ouer lesers die tablet verkies. (myAfrikaans)
Die verwerking van boeke in mini-TV-reekse is eintlik 'n moderne verskynsel. Maar Nick Briggs meen dat ons bloot ou stories herwin en dat daar te min nuwe, goeie mini-reekse op die televisie is. (The New Yorker)
Flavorwire behoort in jou RSS-voer te wees. Die kultuur-webtuiste deel 25 interessante foto’s van bekende skrywers in hul tuistes.
'n Dokumentêr oor Wladimir Nabokof se Lolita kyk na die skrywer se lewe vanuit 'n psigoanalitiese perspektief. (Open Culture)
Laai die video nie? Kyk dit hier.
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

