LitNet-leeskeuses: Dinsdag 26 Maart 2013

  • 0

Trek deur Winnie Rust is ’n stewige roman oor ’n groepie Wellingtonse mense wat die leser se aandag sal behou en ook ’n indruk maak, skryf Dineke Volschenk in ’n Boeke24-resensie.

“As gevestigde skrywer het Aucamp (...) deur die jare nougeset sy lewensgang verwoord in feitlik al die genres – ons wag nog op ’n roman uit hierdie vernuftige skrywer se pen,” skryf Marius Crous in ’n Boeke24-resensie van Hennie Aucamp se nuwe poësiebundel, Teen die lig.

André P Brink se volgende roman het ook ’n geskiedkundige karakter, soos Philida. Maar hierdie keer is die karakter ’n eksentrieke vrouevoorsaat van Brink self. (Beeld)

Vol. 1 Brooklyn, ’n aanlyn gemeenskap en kultuurplatform soos LitNet, het vir die eerste keer ’n merkwaardige versameling foto’s van die skrywer Ernest Hemingway as tiener gepubliseer. Flavorwire het toe besluit om hulle eie lys met skrywers se tienerfoto’s saam te stel.

Boeke is nie dood nie! So lui die opskrif van ’n artikel op die progressiewe webtuiste Salon.com. Volgens die skrywer wil ernstige skrywers juis níé op die net publiseer nie, maar in boekwinkels en op papier.

 

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top