LitNet-leeskeuses: Maandag 25 Maart 2013

  • 0

Dié mond moet fensie jem kry, skryf Herman Lategan in ’n resensie oor André P Brink se versameling vertellings in Mediterreense herinneringe.(Boeke24)

Suid-Afrika het nou ook sy eie, eerste kinderboekfees. Darryl David, die organiseerder verskeie plaaslike feeste, soos die Richmond Boekbedonnerd-fees, het nou ook die UKZN Kinderboekfees die lig laat sien. (Boeke24)

Só kry ons Afrikaans! En só skryf jy 'n boek oor die ontstaan van die Afrikaanse taal, meen Susanne Harper. (Boeke24)

Chinua Achebe is op Vrydag 22 Maart in Boston oorlede. Hy was 82 jaar oud. Lees hierdie mooi huldeblyk oor die Things fall apart-skrywer in die New Yorker.

Grant Morrison het aanvanklik beplan om Robin na net vier Batman-episodes te laat sterf, maar die karakter het só gegroei dat Morrison die tekenprentkarakter se dood met ses jaar uitgestel het. Is Robin nou vir ewig dood? Lees die onderhoud op huffingtonpost.com.

Vrydag se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top