LitNet: Jou hartstories

  • 1

Klik hier om hierdie nuusbrief te lees. | Click here to view this newsletter.
 
 
  • 1

Kommentaar

  • Windplase ... skoon elektrisiteit uit reuse windturbines ... dis waar ek rondry. Van Ouma se beskuitfabriek in Molteno tot Europese grasgroen koeimelk wynlande by Oesterbaai, tot Philipstown se draadkarfees op 10 Oktober tot by vriendelik verleidelike borrelfees verby Gouda se beton-reus windtorings op pad in Tulbagh in ... verder noord waai die wind my vas tot teen die kurf van die Oranje by Prieska se diepkaroo hartland. Hunkerklein dorpies wat aangryp met Roxy's se verleidelike Americano reg langs waar die lang-lem trokke deur klippadversperrings en lokale onrus verybploeg , skape wat van die droogte lamlê, grondpaaie wat stof opjaag in ou vergete Coppertown-myndorpies ... links 'n son-energie plaas stil en blink en warm, regs 'n vergane windpomp en boesmanbeendere verskiet tussen donker sterre en uile en steentydsklipswerktuie verstrooid onder die verskroeiende karoo-son. In Bedford-huis, die nuwe hotel ons windmense en groei ses windplase klipsteenhard dog energiek uit die grond uit, Tsitsikamma se bome is nie te hoog nie, vang nie die hoogste wind nie, keer nie vir Caledon se witwindwaaiers of Hopefield se rooiliglaaiers nie. Die wind is hier om te bly en ek ry al te lekker sing-sing saam.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top