LitNet-blits #6

  • 0

Waar daar 'n rokie trek, moet mos 'n vuurtjie brand.

LitNet-blits is 'n kitsgids na die plekke op LitNet waar vurige opinies die gesprek aan die brand steek.

So wat sê jy?

Teken hier in en lewer kommentaar.

Like dit op Facebook, vertel jou vriende of stuur rookseine - maar maak seker almal hoor van: 

Slimfone, tabletrekenaars, sosiale media: die verwysingsraamwerk van vandag se leerders lyk anders as in die verlede. Het jy ’n idee om wiskunde en die natuurwetenskapvakke uit die tradisionele klaskamer te haal en dit aan te pas vir ’n nuwe generasie tegnogeletterde leerders? Veroorsaak ’n revolusie in die klaskamer en verdien self ’n geldjie!

Wil jy Afrikaans gee in Pole? Kyk watter werk adverteer ons hier en waag die sprong!

Dis winter, so bly tuis voor die kaggel met 'n glas rooiwyn en ... skryf daai roman. Of digbundel. Nadat jy hierdie skryfskool bygewoon het ...

Waaroor praat LitNetters en wáár is die kommentare? Ons maak dit maklik vir almal om die daaglikse kommentare op een plek te sien – kyk na hierdie vertoonvenster binne die groot winkelsentrum wat LitNet is om te sien wie onlangs kommentaar gelewer het en waaroor.

Die Zuma-skildery!

Francois Verster sê die Britse koningshuis het ook al deurgeloop onder satirici. Wat dink jy?

Woon jy oorsee en wil jy na ’n storie in jou eie taal luister?

Marinda Botha het na agt jaar in Londen teruggekom Suid-Afrika toe en vertel vir Naomi Meyer haar storie en nog van haar besigheid, wat oudioboeke (mp3's) verkoop. Stel Suid-Afrikaners genoeg belang in boeke om daarna te wil luister?

Hierdie man bieg dat hy getroud is, nie lus het vir al die skuldgevoelens nie, maar ’n behoefte het aan groter seksuele vervulling.

Vrou van Pretoria lewer reaksie, maar dink dat ontrouheid net ’n fantasie kan bly, want net by één keer sal dit nie stop nie.

Is jy ook getroud en met wie stem jy saam?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top