Hermann Wasserman deel sy top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.
Kamphoer deur Francois Smith ’n Wonderlike boek oor die groot temas in ons land – grond, bloed, konflik, versoenings, verhoudings. Oor hoe om sin te maak uit verwonding, betekenis te skep uit die verlede en moed te skep vir die toekoms. ’n Aangrypende stuk skryfwerk en ’n sensitiewe, belangrike bydrae tot ons letterkunde oor die Suid-Afrikaanse oorlog. |
|
|
Until Julius Comes deur Richard Poplak Daar is nie ’n tekort aan oppervlakkige joernalistiek of intellektuele ontledings oor politiek in ons land nie. Hierdie boek is ‘n welkome alternatief – ’n tipe reisjoernaal van Poplak se dekking van die 2014-verkiesing, saamgestel uit sy bydraes as Hannibal Elector vir die internettydskrif Daily Maverick. Poplak se kuns lê daarin dat hy fyn joernalistieke waarnemings van alledaagse gebeure op die verkiesingsveldtog kan vertolk binne ‘n breër begripsraamwerk van die Suid-Afrikaanse politieke landskap. Die gevolg is skerp insigte wat op baie humoristiese en toeganklike wyse oorgedra word. Koop Until Julius Comes by Kalahari.com
|
What I talk about when I talk about running deur Haruki Marukami Die Japanse romanskrywer skryf oor sy liefde vir langafstandhardloop, in dieselfde filosofiese en poëtiese styl as sy fiksie. Of jy net om die blok hardloop of marathons aandurf, dit sal jou sommer liries laat raak oor jou pogings. Dis deels ’n outobiografie en deels ’n besinning oor die fisieke en psigiese dimensies van die sport – die Zen van Aftjop, as jy wil.
|
Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter