LitNet Akademies-leesgoed: Heinie Heydenrych

  • 0


Heinie Heidenrych deel sy top leesgoed vir 2014 met LitNet Akademies.

A long night’s damage. Working for the Apartheid statedeur Jeremy Gordin

ISBN: 9780620221986

Ek lees tans A long night’s damage. Working for the Apartheid state, Eugene de Kock se verhaal soos vertel aan Jeremy Gordin (1998). Afgesien van die eerlikheid oor poitieke moorde is dit die stelling twee derdes deur die boek wat my dit laat lees het: “I was convinced [in 1990] that South Africa was on the brink of civil war.” Dis jammer dat so ’n eerlike relaas oor die ANC-in-ballingskap se vergrype nog nie verskyn het nie.

Beskikbaar by abebooks.co.uk

Love. Loss. Life. deur Monica Nicolson Oosterbroek Hilton-Barber Zwolsman

Voor dit het Love. Loss. Life. op my bedkassie gelê, die outobiografie van die joernalis Monica Nicolson Oosterbroek Hilton-Barber Zwolsman, wie se eerste man Ken Oosterbroek van die sogenaamde “Bang Bang Club” was.  Ek het dit vir iemand anders gekoop, maar toe begin lees en kon dit nie neersit nie.

Koop Love. Loss. Life. by Kalahari.com

Paul Kruger I en II deur D.W. Kruger

As historikus móés ek D.W. Kruger se biografie Paul Kruger I en II, die standaardwerk oor Kruger, lees om stof te versamel vir ’n reeks artikels oor Kruger. Dis uitstekend nagevors en geskryf, maar ek was verbaas dat Kruger se deelname aan die presidentsverkiesing van 1893 in ’n paar bladsye afgehandel word. Dit lyk my ek sal maar self ’n bietjie sappige besonderhede moet bysit.

Deel 1 en 2 beskikbaar by amazon.com

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top