Hannes van der Walt deel sy top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.
|
André P Brink 1987. Houd-den-bek.
Emmerentia: Taurus
Hoewel hierdie boek lank gelede al verskyn het, is dit waardevol om te lees weens die taamlik gedetailleerde agtergrond wat dit bied vir 'n byna onbenullige historiese gebeurtenis in die vroee 19de eeu. Hoewel ons almal weet dat die vrystelling van die slawe in 1834 taamlike ontevredenheid onder die blanke boere van destyds te weeg gebring het, is ons nie in dieselfde mate bewus van hoe daardie gebeurtenis, en veral die aanloop daartoe, in die gemoedere van die slawemense van destyds gespook het nie. Hierdie boek gee 'n kykie in hoe dit vir hulle ook moes gewees het.
Koop dit by Kalahari.com
|
|
Karel Schoeman 2002. Die laaste Afrikaanse boek.
Kaapstad: Human en Rousseau
Die titel van die boek laat 'n mens wonder - en dit laat jou ook sommer die boek ter hand neem. Kan dit waar wees dat hierdie die laaste boek sal wees wat in Afrikaans sou verskyn? Hoewel die skrywer poog om die titel te verduidelik kom 'n mens gou agter dat hierdie eintlik 'n soort informele biografie van die skrywer is. Dit is 'n boeiende verhaal, en tipies van die werk van Karel Schoeman, is dit leesbaar en interessant.
Koop dit by Kalahari.com
|
|
Chris Karsten 2013. 'n Man van min belang.
Kaapstad: Human en Rousseau
Ook die titel van hierdie boek laat 'n mens 'n bietjie wonder, en dwing jou om dit ter hand te neem. Die verhaal handel oor daardie donker tyd in die geskiedenis van Suid-Afrika toe daar baie dinge gedoen is en gebeur het wat moreel moeilik regverdigbaar is. Die verhaal is netjies inmekaar gesit en hou die leser die hele tyd besig. Die leser soek naderhand ook soos sommige van die karakters antwoorde op wat gebeur het.
Koop dit by Kalahari.com
|
Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter