LitNet: Afrikaans is inheems

  • 7

Klik hier om hierdie nuusbrief aanlyn te lees. | Click here to read this newsletter online.

  • 7

Kommentaar

  • Cornelius Henn

    Afrikaans het naas die ou Khoe-San tale van die inheemse Khoe- en San-gemeenskappe, wat al tienduisende jare aan die Suidpunt woon, hier ontstaan. Dit het meer as ’n eeu lank wortels gehad by die Kaap voordat betekenisvolle kontak met die Nguni-volke plaasgevind het. Die Nguni-volke het self vroeër uit Sentraal-Afrika suidwaarts gemigreer. Afrikaans is inheems tot op die been!

  • Hanno Visagie

    Wie sou kon raai dat 90-95% van Afrikaanse woorde in der waarheid van Nederlandse afkoms is?

  • Cornelius Henn

    Hanno Visagie,

    U heeft gelijk: ongeveer 90–95% van de Afrikaanse woordenschat is inderdaad van Nederlandse oorsprong. Dat ontkent niemand.

    De inheemsheid van een taal wordt echter niet bepaald door de herkomst van elk individueel woord, maar door de plek waar die taal ontstaan en diep geworteld is geraakt. Afrikaans is hier aan de Zuidpunt van Afrika ontstaan als een nieuwe, unieke taal, in wisselwerking met de oude Khoe-San-talen, en heeft meer dan een eeuw hier wortel geschoten, lang voordat er betekenisvol contact was met Nguni-volkeren in de Oost-Kaap.

    Net zoals Engels niet minder inheems is aan Engeland omdat het zoveel Franse en Latijnse woorden bevat, is Afrikaans hier geboren en hier opgegroeid.

    Het is inheems.

  • Nou wag ons net dat die "powers that be" dit erken en diensooreenkomstig sal handel. Vraag is - wat is die vooruitsig hiervoor?

  • Izak de Vries

    Dis ’n interessante gesprek, maar mense wat beweer dat ’n groot deel van Afrikaanse woorde gewoon uit Nederlands ontleen is, kyk ’n dieper waarheid mis.
    Afrikaans het in die Kaap begin ontwikkel voor die setlaars opgedaag het, soos Cornelius sê, en het toe naas Engels, die Nederlands van die 16de eeu, en ander tale uit die Ooste, ook ander inheemse Afrikatale, begin groei.
    Daar is min ooreenkomste tussen moderne Afrikaans en die Nederlands wat Van Riebeeck, as voorbeeld, gepraat het.
    Die ooreenkomste in die woordeskat is wel daar, maar onthou dat moderne Engels en moderne Nederlands beide Germaanse tale is. Afrikaans ook.
    Afrikaans se Europese wortels is dus dieper as Nederlands.
    Afrikaans en Engels het naasmekaar grootgeword in Suid-Afrika en het mekaar beïnvloed. Een van albei tale se diep wortels is ’n gedeelde Germaanse afkoms waaruit ’n deel van ons gedeelde woordeskat geput word.

  • Cornelius Henn

    Izak,

    Jy is reg dat Afrikaans diep Germaanse wortels het - net soos Engels in Engeland, Duits in Duitsland, Deens in Denemarke en Nederlands in Nederland.

    Elke Germaanse taal dra die naam en wortels van die land waar dit ontstaan het.

    Afrikaans is egter die enigste Germaanse taal wat nie in Europa nie, maar aan die Suidpunt van Afrika as ’n nuwe, unieke taal ontstaan het. Dit het in die 17de en 18de eeu in die Kaap gevorm en het meer as ’n eeu lank hier wortel geskiet lank voordat daar betekenisvolle kontak met Nguni-volke was.

    Dit maak Afrikaans, naas die Khoe-San tale, een van die oudste tale wat aan die Suidpunt van Afrika gebore en gewortel is.

  • Dis seker maar omdat ons uit sommige van hulle afstam dat daar soveel gevegte rondom Afrikaans al om die hawerklap uit breek.
    Engels het ontstaan uit die Wes-Germaanse, Anglo- Saksiese en Juttiese (Jutland) tale. Frans uit die vermenging van die taal van die Romeinse soldate (100 v C) met die Germaanse dialekte van die Franke. Hulle baklei nie so woes onder mekaar oor taal nie.
    Daar is tans gevegte oor taal onder die Dene en Belge, soos hier oor Afrikaans.
    Kan ons nie maar ons taal waardeer vir wat dit is as om alewig te wil baklei daaroor nie. Afrikaans is Afrikaans. Dis my en ander wat die taal praat se Taal. In die hedendaagse Suid-Afrika is ek bly en dankbaar wanneer ek my taal hoor, terwyl kennisse en vreemdelinge dit praat, nog meer so in die buiteland. Dit gee 'n gevoel van samehorigheid. Dan dink ek nie aan oorsprong of wie ook al aanspraak maak daarop en ander wil uitsluit nie. Ek het hierdie hieronder op die web gekry:

    "Die dinamiek agter taalbotsings

    Onderdrukking en Imperialisme:
    Tale ontstaan en ontwikkel dikwels deurdat gemeenskappe hulself verset teen kulturele of politieke oorheersing.'n Taal word dan 'n instrument van weerstand (soos wat Afrikaans as 'n bolwerk teen verengelsing in die vroeë 1900's in Suid-Afrika gebruik is).

    Sosiale status:
    Konflik ontstaan ook tussen verskillende variëteite van dieselfde taal, byvoorbeeld wanneer 'n "standaardtaal" wat in skole en die regering gebruik word, verskil van die "omgangstaal" wat mense op straat praat.

    Dominansie:
    Die vrees dat 'n dominante taal, soos Engels, inheemse tale (insluitend Afrikaans en ander Afrikatale) sal laat uitsterf, is wêreldwyd 'n bron van debat en aktivisme.
    Taalgeskiedenis bewys dat nuwe tale nie altyd in vrede gebore word nie, maar dikwels die produk is van mense wat veg vir die reg om in hul eie moedertaal gehoor en verstaan te word."

    Ek het nog altyd respek gehad en het nog vir ander se taal - kan sommige van die ander dieselfde sê?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top