|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1102
29/05/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Afrikaans is inheems |
 |
|
Skrywer: Johan Myburg
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798186346
Soos die titel suggereer, dien impulse as stellasies waarmee Myburg sy verse bou. Hierdie metapoëtiese gedigte ontgin egter ook ’n ander betekenis van die bundeltitel, naamlik dié van wankeling. Steierwerk is ’n aangrypende verkenning van verval: van eie lyf, kuns en land.
|  |
|
 |
Danny Titus-gedenklesing: Konstitusionele Hof-regter tree in die bres vir Afrikaans as onderrigtaal
Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar
"Dit is nie elke dag dat ’n dienende Konstitusionele Hof-regter in die openbaar verklaar dat Afrikaans inheems is, dat die taal se geskiedenis verdraai is, en dat bruin Afrikaanssprekendes steeds vir erkenning moet veg nie. Daarom was Steven Majiedt se Danny Titus-lesing veel meer as net ’n gedenktoespraak. Dit was ’n grondwetlike regter se openbare pleidooi vir ’n meer volledige Suid-Afrikaanse geheue."
|
 |
Athol Fugard se besondere verhouding met Afrikaans: persoonlik en eiesoortig
Marisa Keuris
Seminare en essays
"In hierdie artikel word die fokus geplaas op Athol Fugard se verhouding met Afrikaans, asook sy eiesoortige gebruik van Afrikaans in sy dramas. Terwyl hy dikwels Afrikaans gebruik het in talle van sy Engelse dramas, fokus ek in hierdie bespreking net op hierdie aspek van sy Engelse drama Boesman and Lena (1969), terwyl die bespreking afsluit met ’n kort ontleding van die taalgebruik in sy Afrikaanse drama, Die laaste karretjiegraf (2012)."
|
 |
Elders gesien: Jou brein werk eintlik béter wanneer jy met die hand skryf.
Trisa Hugo
Menings
"Dekades gelede, toe ek studeer het, het ek opsommings gemaak, en dan die opsommings opgesom in ingewikkelde matrikse met weird assosiasies. Kom eksamentyd, het ek net die foto van die matriks in my kop gesien en dit dan weer uitgebol totdat ek die handboek as foto’s gesien het."
|
 |
Vonnisbespreking: Die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging
Jacques Nieuwoudt, Judith Geldenhuys
LitNet Akademies (Regte)
"Die regs- en beleidsimplikasies van werkgewerdiskresie om aanstellings te maak na aftrede word [...] ondersoek ten einde die bewysregtelike en etiese kompleksiteit van arbeidsgeskille wat handel oor die beëindiging van die diensverhouding nadat werknemers aftreeouderdom bereik het, uit te wys."
|
 |
Graad 6: Wiskundevraestel en memorandum, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Wilhelm de Toit se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou met jou voorbereiding help. Daarna kan jy smul aan iets soets om jou vir jou goeie punte te beloon.
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
De "digther" Paul Rigolle
Jef Boden
Literatuur
"Het tijdschrift ontstond als een schrijffout. Eentje om nooit spijt van te hebben."
|
 |
Nostalgiereis op Route 66
Maryke Roberts
Reisgogga
"In die Mojave-woestyndorp, Amboy, gaan staan ons voor Roy’s Motel en op die teerpad soos die supermodel Cindy Crawford gedoen het."
|
 |
Die WAT kotiljons op 100 jaar!
Maryke Roberts
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal
"Bykans 500 gaste – redakteurs, bydraers, borge en medewerkers wat die afgelope eeu gehelp het om die droom van ’n omvattende woordeboek vir Afrikaans te verwesenlik – het saam kom feesvier, want dis ’n groot voorreg."
|
 |
Kaiings van wysheid deur Daniël J Louw: ’n resensie
Jannes Erasmus
Resensies
"Hebreeuse woordontledings, Bybelse narratief, Suid-Afrikaanse plaasstories en verwysings na kontemporêre politiek staan saam op dieselfde bladsy. Maar juis die weiering om teologie in ’n gesteriliseerde akademiese ruimte te hou, is wat Kaiings van wysheid sy tande gee."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos
Breyten Breytenbach
Universiteitseminaar (2016)
"Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei."
|
Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS |
 |
Video-uitnodiging: Veldsoirée
Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube
Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". |
 |
Bespreek nou vir die Veldsoirée
Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
|
Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée |
 |
Press release: A festival of community and creativity – Kultura-fees returns
LitNet
Lifestyle and entertainment
From the vineyards and farmlands to its growing creative community, Durbanville is a town with stories in its soil and culture at its heart. That is what Kultura-fees celebrates. Open in spirit, it brings together local artists, emerging talent and established names on one shared stage.
|
 |
Verteer
Paul Kloppers
Poësie
"kyk hoe lê die vers klaar gedissekteer
sedeles oopgespalk vir oog kop en mond"
|
 |
Wie is jy?
Sanette Scheepers
Poësie
"en jou wees was vol lieg
en jou oë vol skuld
ek wou jou wegvee"
|
 |
Dans met die malmokkie
Leverne Mountany
Fiksie
"Hy moet seker vir haar sê hoe hy oor haar voel. Sy het hom al baie gepols, maar hy is mos maar ’n man, en emotions is nou eenmaal nie sy middelnaam nie."
|
 |
Hobie 16 Katamaran
Werner van Rossum
Poësie
"Gryp die tou! Lig die kop agteroor!
Laat jou hande gaan! En die wind is al wat jy hoor."
|
 |
Rymstories: "Die Vlaktenaar"
Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk
"Jy onthou die Aga van jou moederskoot
Die gul bolle gekleurde breiwol
Jou pa se uittel van lone in sjielings en pennies"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|