Elders gesien: Jou brein werk eintlik béter wanneer jy met die hand skryf.

  • 0

Trisa Hugo skryf op Facebook:

Ons leef in ’n wêreld van tik, swipe, scroll en vinnige antwoorde… dikwels so kort as moontlik. Maar hier’s iets interessants: jou brein werk eintlik béter wanneer jy met die hand skryf.

Dekades gelede, toe ek studeer het, het ek opsommings gemaak, en dan die opsommings opgesom in ingewikkelde matrikse met weird assosiasies. Kom eksamentyd, het ek net die foto van die matriks in my kop gesien en dit dan weer uitgebol totdat ek die handboek as foto’s gesien het. Dan kon ek die vrae interpreteer.

Toe was my brein jonk, is my verskoning nou, as ek nie meer so maklik onthou nie.

Nou wys navorsing dat baie meer dele van jou brein aktief raak wanneer jy skryf, eerder as tik. Die liggies gaan oral aan as die neurone begin flits. Snap, crackle and pop!

Lees bietjie op oor die werk wat Audrey van der Meer in 2024 in die joernaal Frontiers in Psychology publiseer het. Twee ander navorsers van Princeton het dieselfde resultate gesien in hulle navorsing.

En dan die bonus wat min mense besef: doodle! Daardie klein krabbels in die kantlyn? Dis nie tyd mors nie. Dit help jou fokus, hou jou brein besig, en kan selfs jou geheue versterk.

Neurographic art is ook iets wat mens al hoe meer sien in kunsterapie.

Teunet Kuun het nie verniet spesiaal vir my hierdie pragtige joernaal gemaak nie, ek krap, skryf en doodle. En ek gaan voortaan doelbewus meer daarin skryf, sommer met kleurpotlode ook.

My kreatiewe brein kort daardie hupstootjie!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top