Gebaseer op die Pareto (80/20)-beginsel: Wat is die mensdom se gemeenskaplike vyande waarop alle mense behoort te fokus?
Is dit nie ongebreidelde wêreldbevolkingsaanwas teen die agtergrond van beperkte bronne nie?
Is dit nie teen die stroping van die omgewing en die natuurlewe nie?
Is dit nie teen die besoedeling van ons gesamentlike planeet, ons enigste tuiste nie?
Is dit nie teen ongeregtighede en gebrek aan naasteliefde en die misbruik van die medemens nie?
Is dit nie ‘n gebrek aan lees, skryf en rekenvaardigheid nie?
Is dit nie weens ‘n gebrek om uit die foute van ons en ons voorgeslagte se verlede te leer vir die bou van ‘n beter toekoms nie?
Wat gaan ons nageslagte van ons sê en skrywe?
Bowenal, behaag ons ons Skepper deur ons dade? Wat moet die natuurlewe en enige buiteruimtelike wesens dink van die Homo sapiens?
Ons lewens is kortstondig. Gryp elke dag en geleentheid aan om ‘n opbouende verskil op aarde te maak. Waak daarteen om denkslawe van andere en die verlede te wees. Wees ‘n ware handelsmerk van jou Skepper se handewerk.
Kommentaar

Wys jou net! Dis die 80% wat glo, en die 20% wat weet.