|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 802
04/06/2020
|
Krities Afrikaans
|
Bloedfamilie
Skrywer: Elsa Hamersma
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799399271
Daar word twee moorde in een week in die Brink-familie gepleeg. Die moordenaar laat ’n boodskap by die eerste moord wat die vinger na die familie wys. Wie is dit en waarom moor hy of sy? |
 |
|
 |
2015 teenoor 2020: ’n Vriendeliker ideologiekritiek?
Frederik Rudolph van Dyk
Rubrieke
"Vir talle van ons wat in 2015 en 2016 op kampus was, roep die wêreldwye verontwaardiging en woede oor die polisiemoord op George Floyd in die VSA heftige herinneringe op. Een van die tekenendste ooreenkomste tussen nou en toe is die fundamentele kritiek wat die opstande in die VSA bied."
|
 |
The three-letter plague
Darryl David
Opinion
"This three-letter plague is also responsible for a few strange symptoms. It causes blindness in its followers."
|
 |
Jou grendeltyd: COVID-19-grendeltydlesse
Abrie Snyman
Menings
"Met nóg ’n vuil beker is daar nou net een oplossing en dit is om die hoop vuil skottelgoed trompop te loop. Met ’n stadige huppel in my stappie dans ek tussen die twee opwasbakke, beide nou gevul met vuil skottelgoed, asof ek dit elke dag doen."
|
 |
Kunsmatige bewussyn
Handré Brand
Seminare en essays
"Teoreties gesproke is dit moontlik dat die argitektuur van gevorderde of toekomstige KI wesenlik en ingrypend van die mens se natuurlike bewussynfunksies kan verskil, veral omdat superintelligente KI oor spesialiskennis op elke terrein kan beskik en dus nie bewussynsinhoude benodig soos dit tans verstaan word nie."
|
 |
Wie was Homerus, en wanneer het hy geleef en geskryf?
Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays
"Die Westerse letterkunde begin met Homerus (die Latynse vorm vir die Griekse Hómêros) se twee grootse eposse, die Ilias (15 693 daktiliese heksameterversreëls lank) en die Odusseia (11 670 daktiliese heksameterversreëls lank)."
|
 |
Uitnodiging: "Toekoms van Kaaps"-webinaar
LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
Die Afrikaanse Taalraad, LitNet en die Afrikaanse Taalmuseum bied op 16 Junie 2020 vanaf 10:00 tot 11:00 ’n webinaar aan met die tema "Die toekoms van Kaaps". RSVP teen 11 Junie 2020.
|
 |
NP Van Wyk Louw-lesing vanjaar op LitNet aangebied
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en LitNet, nooi u vriendelik uit na die jaarlikse NP Van Wyk Louw-gedenklesing. Die lesing word vanjaar as ’n webinaar aangebied op die herdenking van Van Wyk Louw se 50ste sterfdatum, Donderdag 18 Junie 2020.
|
 |
Elders gesien: Danie Marais onthou vir Jeanne Goosen
Danie Marais
Elders gesien
"Jeanne Goosen hét styl: die manier waarop sy haar meer as sewe dekades en haar plooie dra soos ’n sangoma ’n Pep Stores-kombers wat sy enige tyd kan afgooi; die manier waarop sy in die restaurant The Long Table inslof asof niks gemaak van geld en aansit haar kan beïndruk nie; die manier wat sy haar sigaret aansteek en ’n dubbel-whisky vir ontbyt bestel."
|
 |
Elders gesien: In memoriam – Jeanne Goosen
Jackie Nagtegaal
Elders gesien
"Tussen haar en my ma kon mens die wêreld verstaan. Sonder mense soos hulle is als stukkend. So vanoggend maak ek my oë toe en hoor haar vingers oor die klavier ... haar blou oë."
|
 |
Gesoek: ’n minister van die toekoms
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Gaan ons ’n postpandemie hê, of gaan dinge maar net aangaan soos tevore, post die pandemie? Die meerderheid Suid-Afrikaners veg nog teen Britse kolonialisme en apartheid, terwyl die nuwe kolonialismes bedryf word deur Microsoft, Facebook, Twitter, Amazon en Google."
|
 |
Geskarrel agter skerms oor heropening van skole
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die heropening van skole het die naweek groot verwarring veroorsaak toe daar Sondagaand op die nippertjie aangekondig is skole heropen nie meer op Maandag 1 Junie vir graad 7- en graad 12-leerlinge soos wat vroeër in die Staatskoerant aangekondig is nie."
|
 |
Multatuli-hoogleraar Jacqueline Bel: “De coronatijd maakt me ervan bewust dat we ondanks de afstand veel meer samen kunnen doen.”
Ingrid Glorie
Academisch
Vorig jaar zag het ernaar uit dat de studie Nederlands aan de Vrije Universiteit in Amsterdam zou verdwijnen. Dankzij het feit dat 2020 is uitgeroepen tot Multatuli-jaar, bleek het echter mogelijk om een nieuwe Multatuli-leerstoel voor moderne Nederlandse letterkunde op te richten. In een gesprek met de eerste leerstoelhouder, Jacqueline Bel, keert de naam Multatuli telkens terug. Maar het gaat ook over de impact van het coronavirus op het universitaire leven en de lessen die er uit deze bijzondere tijd te leren vallen.
|
 |
"Ik wilde meer doen dan drie mondkapjes per dag"
Ingrid Glorie
Interviews
"We merken dat de belangstelling voor kunst uit Afrika in het algemeen en voor die uit Zuid-Afrika in het bijzonder heel groot is." Vanuit haar huis in Lelystad voorziet de van oorsprong Zuid-Afrikaanse Daleen Warmer-Stavast haar clientèle van mondkapjes tegen het coronavirus.
|
 |
"Numerous books have left their mark on me"
Cliffordene Norton, ML Kejera
Literatuur
"I want to be in a position to help writers from other underrepresented groups. Most of the chances I received were primarily from more established writers taking me under their wing." ML Kejera’s short story has been shortlisted for the Commonwealth Short Story Prize.
|
 |
Fokus: Jurjen Kramer van Jislaaik Wines
Maryke Roberts
Culinair
Dis nie aldag dat jy ’n Nederlander kry wat liries is oor Suid-Afrikaanse wyn en boonop elke jaar in die Kaapse wynlande kom druiwe pars nie. Maar Jurjen Kramer is nie sommer enigeen nie, het Maryke Roberts gou van dié inwoner van Berg aan de Maas en eienaar van Jislaaik Wines ontdek.
|
 |
"I let the main character tell me what she wanted told"
Cliffordene Norton, Sharma Taylor
Literatuur
"I write so that my characters' stories can get out there into the world, and so readers can find in the stories something that connects with them and which maybe makes them rethink things in their own life and ultimately have more empathy and compassion for themselves and others." Sharma Taylor’s short story has been shortlisted for the Commonwealth Short Story Prize.
|
|
 |
Burgerskapsonderwys: Vyf vrae aan Hannes van der Walt
Hannes van der Walt, Liné Loff
Onderhoude
"Burgerskapsonderwys het baie voordele, waarvan die vernaamste is dat dit leerders voorberei vir hulle rol en taak as volwasse burgers van die samelewing, hulle land en die internasionale gemeenskap."
|
 |
Omgewingsopvoeding – ’n kwessie van hoe vroeër, hoe beter
Cliffordene Norton, Henriëtte Loubser
Onderhoude
"Omgewingsopvoeding behels onderrig vir aksie/optrede. Dit is juis die einddoel van OO: om ingeligte, verantwoordelike wêreldburgers van huidige en toekomstige generasies te maak en hulle uit te stuur om ’n verskil te gaan maak."
|
 |
Soos altyd
Naomi Meyer
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Maandagoggend ry ek en die gemaskerde graad 7 na die skool."
|
 |
Die virus in die onderwys: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
Naomi Meyer, Michael le Cordeur
Onderhoude
"Ek is verheug dat onderrig in sommige skole kon voortgaan, maar hoe normaal is dit dat te midde van soveel armoede en ellende sommige skole kan voortgaan terwyl die grootste gedeelte van ons land se leerlinge nie toegang tot aanlyn klasse het nie?"
|
 |
Graad 6: Wiskunde – hersiening, inoefening en vaslegging
Wilhelm du Toit
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6? Wil jy hersiening doen, veral noudat die skool nog nie weer begin het nie? Hier is gratis hulp! Laai ’n wiskundetoets en -memorandum wat deur Wilhelm du Toit opgestel is, hier af.
|
 |
Spel met grondtalle
Pieta van Deventer
Skole
"In Suid-Afrika het ons ook, nes in Brittanje, met ’n baie komplekse tweeledige grondtal van 12 en 20 in ons finansiële omgewing gewerk en niks snaaks daarvan gedink nie. Ponde, sjielings en pennies met 12 pennies in ’n sjieling en 20 sjielings in ’n pond en 21 sjielings in ’n ghienie was die standaard."
|
 |
Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor "Greep"
Zirk van den Berg, Melt Myburgh
Skrywersonderhoude
"Daar is ’n element van openbaring, altyd. Dis die vonk wat aanleiding gee tot die storie. In ’n kortverhaal raak die vonk ’n vlam; in romans steek dit gaandeweg ook ander vure aan."
|
 |
Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor Somtotaal
Maryke Roberts, Anchien Troskie
Skrywersonderhoude
"Is dit regtig moontlik om ten volle te kan vergewe? Dit is die eienskap van die mens wat my die meeste fassineer. ’n Storie het altyd twee kante. Nie noodwendig twee regte kante nie."
|
 |
Etienne Leroux (1922–1989)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."
|
 |
Resensie: Porseleinskerwe deur Marié Blomerus
Risha Lötter
Resensies
"’n Mens moet Porseleinskerwe rustig lees, ja. Die skrywer deel haar liefde vir die kleine en die alledaagse hier met die leser, en haar vertellings ontvou sonder haas."
|
 |
Resensie: Madness: Stories of uncertainty and hope deur Sean Baumann
Maryke Roberts
Resensies
"Sy epiloog oor die noodsaaklikheid van hoop laat jou besef dat in die donkerste tye van ons lewens, hoop nooit beskaam nie. En in ’n tyd in die wêreld wanneer dit soms voel asof alles mal geword het, is dit dalk die grootste boodskap wat hierdie boek by my laat."
|
 |
Review: Leaving word by Steven Boykey Sidley
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"It offers fascinating insight into a dying art – editing – and the industry that is killing it instead of treasuring it for what it can contribute to the wealth of our knowledge and the joys of our entertainment."
|
 |
Onderhoud met Leandie du Randt oor Kom ons jol op kykNET
Remona Voges, Leandie du Randt
kykNET Portaal
"Die program is belangrik omdat dit die publiek betrek. Almal sit op die oomblik by die huis en niemand kan hul vriende of ander mense sien nie, so op so ’n manier kom ons almal bymekaar en voel dit asof ons saam jol, al sit ons nie in dieselfde kamer nie."
|
 |
Korona-kortverhaalfees: Greep
Zirk van den Berg
Fiksie
"Ek is nuuskierig, en braaf van die bier. Kinders gaan van verskillende goed dood. Hulle kry ’n virus, die een of ander aangebore kwaal knou hulle, of hulle stik aan ’n vitamienpil."
|
 |
Satori in ’n hap soja-mince
Jaco Fouché
Poësie
"Ruik die diep asem van die fabrieke
hoor die knars van die metaal in die oes
my kake wil my van die binnekant af
opvreet."
|
 |
Die liefde
Jaco Fouché
Poësie
"So staan jy onder die stomme kaart,
rekord van stasis en van vaart."
|
 |
Vleis-en-hopies-wol
Jannie Pretorius
Poësie
"By die kerk
én in die malhuis,
in Mpumalanga én Modderrivier én Umfeleni
lê vleis-en-hopies-wol."
|
 |
Benodig
David C Jantjies
Poësie
"Wat ons nou uiters nodig het is
Manne met murg in hul pype
Manne met knap koppe
Manne met ysterbene
En vastegreep-arms"
|
 |
Tao
Nico van Rooyen
Poësie
"dra nog ’n bietjie sekelbos
na hierdie vuur
hy moet sy afsterf ook ken"
|
 |
Draai my toe
Deon Swanepoel
Poësie
"Anderkant die grafkelders wag Hy
sprinkel my met hisop
dans my tot voor die ark"
|
 |
Drie in ’n ry
Dawid de Villiers
Fiksie
"Ek moes hom begrawe en die teks was: 'Is daar nog hoop vir my?'"
|
 |
Elders gesien: "Die woede is heilig"
Pieter GR de Villiers
Elders gesien
"Die knie van die geweldenaar op die strot maak dood, die kruis spil kosbare bloed, maar die boodskap van reg en versoening word nie gestuit nie."
|
 |
Elders gesien: Korona-bewusmakingsveldtog
Hennie van Deventer
Elders gesien
"Dalk moet die regering liewer die geld wat hy op sy vervelige, verbeeldinglose en nuttelose SMS-kampanje mors, steek in ’n professionele bewusmakingsveldtog met reuse foto’s soos hierdie oral in sekere 'brandpunte'."
|
 |
Elders gesien: Net een kolletjie van die dice
Albert du Plessis
Elders gesien
"Dit is moeilik om die skielike toename in getalle haweloses in vodde op straat mis te kyk. Nou is hulle na-ure die enigstes op straat. Ysige nat donker strate. Nie eers die lockdown-polisie wil hulle hê nie. En jy weet. Jy weet daar’s net een kolletjie van die dice tussen ons en daardie mense."
|
 |
Elders gesien: Die getroue bloekomboom
Antoinette Pienaar
Elders gesien
"Hierdie ou, ou bome wat al oor die 100 jaar oud is, het al so baie gesien, so baie gevoel, en deur die eeue heen staan hulle wag en kyk ver oor die vlaktes."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|