
Foto: verskaf
Vleis-en-hopies-wol
Die skape-wat-benoud-wou-blêr
ís dood ─
hulle kele is afgesny.
By die kerk
én in die malhuis,
in Mpumalanga én Modderrivier én Umfeleni
lê vleis-en-hopies-wol.
Die skaapwagters-wat-moes-waghou
ís dood ─
hulle pense is oopgesny.
In Gilead
én Tekoa,
in Khayelitsha én Alberton én Empangeni
lê vleis-en-hopies-wol
Die boere-wat-moes-bid
ís dood ─
hulle harte is uitgesny.
By Upington
én Kroonstad,
op Jakkalsdans én Klipfontein én Kilkenny
lê vleis-en-hopies-wol.


Kommentaar
Elke lewe het sy hopies-vleis-en-wol wat lê en uitdroog in die son. Dankie vir die raak woorde wat so baie dek: van iets persoonlik tot diep trane in die geskiedenis van enige plek in die wêreld!
Dankie vir die insiggewende interpretasie, Rina. Dit voeg waarde toe tot my woorde!