
Fotobron: Canva
Benodig
Wat ons nou uiters nodig het is
Manne met murg in hul pype
Manne met knap koppe
Manne met ysterbene
En vastegreep-arms
Met vleesharte
Vashou-hande
Vlymskerp
Onbeperk
Deeglik
Hard
En vroue
Wat sagkens
Koppies streel
En manne kalmeer
En katalisator speel
En biddend voor die Heer
Help sondes bely en intree
Vir ons land en koppige mense
En kinders wat hulle ore neig
En rooi ligte sien aangaan
En ons dilemma verstaan
Van die korona-vyand
Die helse bedreiging
Wat voor die voet
Sonder wapens
Die ontembare
Met sy lewe
Wil laat
Boet


Kommentaar
Welgedaan!