Lili Radloff vs Steve Hofmeyr?

  • 3

Lili Radloff het Vrydag 26 April op Twitter vir Steve Hofmeyer gepak oor apartheid. Kyk na dié skermafdrukke vir agtergrond van net 'n paar twiets uit die gesprek:

 

Izak de Vries het vir Lili gevra wat hier gebeur het.

Hoekom is jy besig om Steve Hofmeyr te takel oor apartheid? Ek sien die vonke spat op Twitter.

Nadat Woolworths die tweede prys gewen as Most Reputable SA Brand, het Hofmeyr gesê hy gaan weer die boikot teen hulle begin omdat hulle, soos alle groot organisasies, SEB toepas. Ek en ’n paar ander (Chris McEvoy, onder andere) het gedink hoe belaglik dit is dat Steve nou skielik so teen aanstellings as gevolg van velkleur is. Hy het immers nooit ’n probleem gehad toe die Afrikaner onregverdig gebaat het by apartheid nie. Nou is hy skielik ’n fakkeldraer vir gelyke regte? Dis absurd en meer as net ’n bietjie skynheilig. Maar dit het ook net ’n paar tweets gevat voor hy die volgende kwytgeraak het:

@liliradloff I got "fat" cos there was NOTHING this continent could teach my "fat" ancestors. They still can't.

Dit het my lekker die josie in gemaak.

Ek ken jou as ’n kampvegter vir vroueregte. Hierdie hoek is dus anders, maar nie nuut nie?

Ek is maar net ’n fan van gelykheid. Of dit nou geslag, ras, geloof (of dan nie), ensovoorts is, maak nie rêrig saak nie. 

Jy en jou sus is pas benoem vir die Jan Rabie Rapport Prys vir vernuwende letterkunde. Waarom steur ’n skrywer soos jy jou aan mense se opmerkings oor Twitter?

Ek glo in vryheid van spraak, maar as jy jou sê wil sê, moet jy bereid wees om daaroor aangevat te word. Steve Hofmeyr het amper 70 000 followers. As ’n Afrikaanse vrou is dit vir my depressing en scary dat die volk nog steeds so hondsdol is.

As jy en Steve nou nie maatjies is nie, wie sit jy graag in jou CD-speler as jy wil kalm word?

Bruce Springsteen kalmeer my altyd. Maar my musiek by die werk is baie gemeng. Van Bach tot Eminem tot Brell tot Britney.

Lili Radloff en haar suster, Adeline, is op die kortlys vir die Jan Rabie Rapport Prys vir vernuwende werk vir hulle boek Een stad, drie rooikoppe, sewe dae.

 

Titel: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae
Skrywers: Adeline en Lili Radloff
Kategorie: Fiksie (Stadsriller)
Formaat: Sagteband; 129 x 198 mm
Bladsye: 424
ISBN: 9780799355154
Prys: R180,00 
Publikasiedatum: Maart 2012

 

 

 

  

  • 3

Kommentaar

  • Piet Croucamp

    Hofmeyr se stelling dat hierdie kontinent hom en sy voorouers niks gebied het nie is maar net weer bewys van sy nydigheid jeens swart mense. Hy is 'n politieke verpesting wat empaties is jeens regs-reaksionere politiek. Hy is die tipe wat die rassisme van die verlede oordra na die volgende generasie. Dit, kom neer op n soort politieke verraad. Hy moet weggehou word van kinders.

  • Wie is Lili Radloff?  Ek weet ook nie wie Piet Croucamp is nie.  Ek weet wie Steve is.  Met wie gaan Steve nou uit?  Miskien hou Lili van popsterre.

    😉

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top