Lien Botha se ses bestes

  • 0

Hierdie week kies Lien Botha haar gunsteling-kuierplekke op die wêreldwye Web.

1. n + 1.com

Literêre tydskrif wat gestroopte kommentaar lewer oor die belangrikste kwessies van ons dag. Die blog is nie oordadig nie.

2. Africa is a country

 “’n Media-blog wat nie handel oor hongersnood, Bono of Barack Obama nie. Daarvoor kan jy Newsweek besoek.” Gereelde bydraes van mense soos Brett Davidson, Sean Jacobs, Tom Devriendt en Orlando Reade, met ’n sterk klem op kwessies rakende die Afrika-kontinent.

3. e-flux.com

Onontbeerlik vir ’n praktiserende kunstenaar met ’n daaglikse stroom van toonaangewende artikels, uitstallings, onderhoude, seminare, biënnales, ensovoorts - wat dit soms nogal oorweldigend maak, maar dit hou jou ten minste op hoogte van die verbysterende tempo waarteen die kultuurdier deur die wêreld beweeg.

4. Nihilsentimentalgia

Blog oor kontemporêre fotografie wat jou blootstel aan die wye verskeidenheid werk wat mens selde in Suid-Afrika te siene kry; vat jou na die naelstring van die lenskultuur.

5. Gardenvisit

Tuinontwerp en landskapsargitektuur wat daarop fokus om ons planeet meer leefbaar en volhoubaar te maak. Kripties, baie interessant: leunstoel-tuinbesigtigings sonder die geneul van die toergroep in jou ore.

6. Granta.com

Die “skrywersboot” op die Camrivier blyk onfeilbaar te wees.

 

 

Born in Gauteng, South Africa in 1961, Botha studied languages at the University of Pretoria and worked as a Press photographer for Beeld before moving to Cape Town in 1984. In 1988 she obtained a BA Fine Arts degree from the University of Cape Town.

Since then she has participated in over eighty South African group exhibitions, forty international group exhibitions and nine solo exhibitions. Her work has been included in Towards a balanced earth, Museum of New Zealand Te Papa Tongarewa(2008), Reflets d’Afrique: Panafrican Festival, MOMA, Algiers (2009) and the ninth Bamako Encounters “Pour un monde durable” Mali (2011).

Botha’s work is represented in pivotal collections throughout South Africa and in private collections locally and abroad. Besides maintaining a professional photographic practice, she has been a guest lecturer at the Arts faculties of institutions such as the University of Cape Town, Stellenbosch University, and Studio Art Centres International, Florence, Italy.

She is presently enrolled for an M.A in Creative Writing at the University of Cape Town.

 
Klik hier om meer te lees oor die Hangklip Kunsweek, waar Lien Botha as organiseerder en kunstenaar sal optree.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top