
Storiemuis 4
Leon Rousseau
Human & Rousseau
ISBN: 9780798168847
Storiemuis 4 deur Leon Rousseau, en geïllustreer deur Karen Ahlschläger en Marjorie van Heerden, is pas gepubliseer.
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel van 'n oudio-CD. In Boek 4 is daar nog liedjies, syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide, rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en leer saam!


Vyf mense kan elk 'n Storiemuissak en 'n kopie van Storiemuis 4 wen!
Stuur 'n e-pos met die titel Storiemuis 4 aan wen@litnet.co.za.
Jou e-pos moet asseblief jou naam, selnommer en fisiese adres bevat.
Sluitingsdatum: 18 Augustus 2016.


Kommentaar
Ek sou graag Storiemuis 4 wou bekom vir my kleinseun. Oulike boekies in Afrikaans.
My kinders het met Storiemuis groot geword en nou is ons besig om die nuwe reeks vir ons eerste kleinkind bymekaar te maak!
Storiemuis
Sal graag n Storiemuis wen.
Ek het groot geword met Storiemuis en sal ook baie graag so stelletjie wil wen vir my twee dogtertjies.
In die 1990's het ek die hele Storieman- en Storiemuis-reekse met die kasette en mooi rooi tassies vir my oudste gekoop. Nou geniet die tweeling-laatlammetjies die boeke. Maar ons moet lees, want die kasette is deurgeluister. Gelukkig het ons die Storiemanne met hul cd's opgespoor. Maar ek het nog nie die Storiemuise hier in noord KZN gesien nie. Gaan dit beslis op hul Kersfeeslysies sit.
Goeiedag
Ek is op soek na die Storiemuis-reeks met die CD's. Kan julle asseblief help?
Hallo en dankie vir jou navraag. Die reeks is te kry by NB-uitgewers: https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780798168786. Ek wil voorstel dat jy hulle direk kontak. Hulle kontakbesonderhede is op hulle webwerf beskikbaar. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder