Lara se pienk mandjie, verslag twee deur Heilna du Plooy

  • 0

Die verhaal is baie beter, maar daar is nog plekkies waar die formulering ongemaklik en te styf is. Ek het dit op die ms gemerk en meermale sommer ’n voorstel gemaak hoe ’n sin met ’n geringe verandering meer gemaklik en vloeiend kan wees. Goeie styl kom met oefening, van lees en self skryf en daarna weer krities jou eie werk herlees. Later raak ’n mens stilisties meer sensitief en dan voel jy aan dat om byvoorbeeld dieselfde woord in twee opeenvolgende sinne te gebruik te opvallend raak. Dit is nie verkeerd nie, net stilisties hinderlik.

Wat wel baie beter is, is die ontwikkeling van die verhaal en die oordra van inligting oor die kinders se aard en agtergrond.

Met ’n klein bietjie verdere afronding gaan die verhaal goed wees.

*

(Nota aan die leser: Du Plooy het ook aan elke skrywer ’n gemerkte weergawe van hulle verhaal gelewer. Dit is die weergawe wat nie geproeflees is nie. Loer oor haar skouer en laai die gemerkte weergawe hier af.)

Lees ook:

LitNet-slypskool Om te skryf: Die tweede weergawe van ons deelnemers se verhale

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top