
Kyk, op Saterdag 2 Desember 2017 het daar weer ’n deeglike stofwolk oor die Paarl gehang. Dit was nie die wind se skuld nie, nee, dit was die trappers van die riel wat so gemaak het tydens die finaal van ATKV-Rieldans.

Die amfiteater aan die voet van die Afrikaanse Taalmonument was uiteindelik stampvol, die sand was reg en sommer as voorvertoning het ’n bloedjong knapie lank voor die aanvang van die amptelike kompetisie al kom wys wat van die ander verwag kan word.

Daar is selfs mense wat in hul sewentigs is wat steeds deelneem, hoewel hulle dit nie tot die finaal gemaak het nie. Presies hoe oud die oudste deelnemer in die finaal was, is nie bekendgemaak nie, maar die dansers van Witzenberg was beslis nie almal jonk nie.

Die musiekinstrumente is saggies gepluk terwyl die skare inbeweeg het.

Die ATKV het gedurende 2017 skenkings gekry om verskeie nuwe instrumente aan die groepe te verskaf.

Oral het interessante rekwisiete gewag om op die baan te gaan.

Uiteindelik het die gehoor van 4 000 hulle sitplekke ingeneem. Die bekers was reg.

Die media was in plek.

En toe staan die stof!
Sessie 1: Junior Rieldansers, onder 14


Die Roggeveld Rieldansers


Die Betjies Rooistomprieldansers, wat uiteindelik derde was


Die Griekwa Hiënas, wat tweede geëindig het



Die GB Batt Stofskoppers, wat die stof tot in die eerste plek opgeskop het


Die Uitsig Stoftrappers wat vierde geëindig het
Sessie 2: Junior Rieldansers, onder 20


Die Tiervlei Vastrappers



Die Griekwa Knersvlakterieldansers, wat hierdie afdeling gewen het


Die Betjies van Betjiesfontein, wat tweede gekom het


Die Calvinia Sitstappers wat vierde geëindig het


Die Brandvlei Stofskoppers wat derde was
Sessie 3: Die Senior Rieldansers


Die Bitterfonein Tradisionele Rieldansers


Die Witzenberg Rieldansers wart vierde geëindig het


Die Betjies Rooirotsrieldansers wat die derde plek ingeneem het


Die Calvinia Sitstappers 2 wat in die tweede plek geëindig het



Die Boesmanland Bitterbessies wat as algehele kampioene gekroon is
Volledige uitslae
Die volledige uitslae is te sien op die ATKV se webwerf:

Benjamin Bock, bestuurder van Erfenisaangeleenthede by die ATKV, doen ’n finale onderhoud terwyl stof begin sak.


Kommentaar
Dit is pragtig saamgevat. Ek het beoordeel maar dit was 'n taai stryd.
Dankie, Anna!