kykNET ryg die ATKV-Mediaveertjies in

  • 0

Fotobron: Canva

kykNET het vanjaar met 14 van die 15 toekennings in die KYK-kategorie van die ATKV-Mediaveertjies weggestap. Die ATKV-Mediaveertjies, wat reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande Afrikaanse media-toekenningsgeleentheid is, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn-bekendmaking van die wenners.

Twee van kykNET se gewilde dramas het skoonskip gemaak, met Dwaalster wat ses toekennings en Die Spreeus wat vyf toekennings ontvang het. kykNET se aktuele programme, Prontuit, kykNET Verslag en kykNET Verslag in Gesprek, sowel as Edik van Nantes, Fynskrif, Tydelik Terminaal en Megaboere is ook vereer.

“Baie dankie aan die ATKV en beoordellaars vir die erkenning. Ons is trots op die kykNET-span al die betrokke wenners en vervaardigers,” sê Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale.

Hier is die wenners in die KYK-kategorie:

Aktuele genre:

  • Lourensa Eckard as aanbieder van kykNET Verslag en kykNET In Gesprek – kykNET
  • Kabous Meiring as aanbieder van Prontuit en Megaboere – kykNET
  • Berdene & Janhendrik Burger as vervaardigers van Edik van Nantes, seisoen 3 – kykNET & Kie

Verhalende genre:

  • Monique Rockman vir haar vertolking van die rol Beatrice Mack in Die Spreeus – kykNET
  • Jorrie van der Walt as kinematograaf van Dwaalster én Die Spreeus – kykNET
  • Carla Smith vir haar rol as Kitty in Tydelik Terminaal – kykNET
  • Rocco Pool vir produksie- en stelontwerp vir Dwaalster én Die Spreeus – kykNET
  • Erica Wessels vir haar rol as Ragel-Lee in Dwaalster – kykNET
  • Albert Maritz vir sy spel as Frans Loots in Dwaalster – kykNET
  • Chris Vorster vir sy vertolking van Bas Koorts in Die Spreeus – kykNET
  • Tarryn Wyngaard vir haar rol as Gina Devine in Dwaalster – kykNET
  • Anna-Mart van der Merwe vir haar vertolking van Julie in Tydelik Terminaal – kykNET
  • Lea Vivier vir haar rol as Lilani du Toit in Fynskrif 2 – kykNET
  • Pierre-Henri Wicomb vir die klankbane van Dwaalster én Die Spreeus – kykNET
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top