Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi hiermee geskikte kandidate uit om aansoek te doen vir die pos van Kurator. Aanstellingsdatum: 1 September 2016 (of so gou moontlik).
Minimum vereistes:
- Nagraadse kwalifikasie in geesteswetenskappe, museum- of erfenisstudies
- Sewe jaar ondervinding in ʼn relevante veld
- Kennis en ervaring van museologiese bestuur van versamelings
- Ondervinding van onderwerp- en voorwerpnavorsing
- Ervaring in die erfenisomgewing sal as aanbeveling dien
- Afrikaans en Engels magtig
Verantwoordelikhede:
- Bestuur die werksaamhede van die Taalmuseum
- Toepassing van beheermaatreëls, regulasies en wetgewing
- Museologiese versorging van die versameling
- Bestuur van publieke areas en opgradering van uitstallings
- Navorsing vir uitstallings, opvoedkundige programme en ander mediums
- Menslikehulpbron- en begrotingbestuur
- Kwaliteitbeheer van programme, werksaamhede en strategieë
Sluitingsdatum: 15 Julie 2016.
Kandidate wat in Mei 2016 aansoek gedoen het, hoef nie weer aansoek te doen nie.
Stuur u aansoek aan: Die Direkteur, ATM, Posbus 498, Paarl 7620
Navrae: Michael Jonas by tel 021 872 3441.
Indien na ʼn maand geen terugvoering ontvang nie, was aansoek onsuksesvol.

