Onderhoud en foto's: Kuns en vuur

  • 0

Die afgelope tyd was kuns in die nuus. By die Universiteit van Kaapstad is kunswerke onlangs deur lede van die #RhodesMustFall-beweging verbrand.

Naomi Meyer het in Augustus 2015 vir Hannelie Coetzee oor die kuns uitgevra wat sy met vuur skep.

Cradle of Humankind Firefighters deur Hannelie Coetzee

Hannelie, is jy ‘n landskapkunstenaar?

hanneliecoetzee300Ek beskryf myself nie as 'n landskapkunstenaar nie. Daar is nuwer beskrywings wat my werksmetodes beter beskryf. Landskapkuns het die 1970's-assosiasie van die ouens wat dit begin het. Ons klimaat-issues was destyds nog nie so dringend soos nou nie.

Ek verwys eerder na myself as 'n kunstenaar wat die omgewing as medium gebruik. Oftewel environmental artist. Ek beskryf myself só oor die werk wat ek doen nie net idillies met die omgewing van die natuur werk en omgaan nie; ek en my kuns werk ook met die urban omgewing wat mense self skep.

Hannelie, beskou jy vuur as inherent gevaarlik?

Vuur saai nie van nature net verwoesting nie.

Dink aan hoeveel skade onlangse brande in die Stellenbosch-omgewing aangerig het. Dit is tog 'n probleem, of hoe?

As vure beter bestuur word, laat dit plante weer saad skiet. Dis van jare se mismanagement dat Simonsberg so baie brandstof in die droë bosse het, en dat dit weghol.

Wat is jou mening omtrent vuur in die natuur?

Vure woed van nature en moenie ingekamp of ingeperk word nie. Dis ons drade en slim planne wat teen die natuur werk wat mense se aardse besittings dan in die pekel laat beland.

Maar hoe versoen jy vuur in die natuur met jou kuns?

Nee, dis nie waarmee ek besig is nie. Ek dink nie ek's besig met versoening nie. Ek gebruik kuns om dinge te ondersoek. 

Die landskap is waar ek onder andere kuns skep. Vuur was eerste daar.  Deur met vuur te werk het ek geleer dat ons die natuur misverstaan. Die natuur hou van vuur.  Dis gepantser en voorbereid om te floreer nadat dit gebrand het. Dis oeroue evolusie. 

Foto's van die film "Eland and Benko" (deur Hannelie Coetzee)

Jy meen mense kan vuur op 'n positiewe manier aanwend – iets méér as net kuns skep, maar inderwaarheid betrokkenheid?

 Ja! Haal die drade af,  dan sal die skilpaaie nie in die eerste plek  daar vassit nie. 

Kyk asseblief na die video, waar my vuurkuns die gehoor vra om betrokke te raak.

 

Brandbestryders by die Wieg van die Mensdom (foto: Hannelie Coetzee)

  • Foto van Hannelie Coetzee deur Réney Warrington
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top