- Terry Terblanche is sestien jaar oud.
Die sonsondergang
Het my gevang
Met haar oranje-pers kloue
Beskerm die uitsig my van die koue
Van die mensdom, van die lug
Waarheen ek ook al gaan
Sal sy saam met my vlug
Sy vertroos my, sy bied genesing
Sy skyn vroegskemer deur my venster
Soos ek voorberei vir my volgende lesing
Hart en sig van goud
Maak die sonsondergang selde ‘n fout
Oor die Groot Karoo
Waar ek my vrede het
Met
Die sonsondergang en die stilte
Sal die wêreld my nooit bedruk
As die veelkleurige hemele
My beïndruk
My stukkie hemel op aarde
Soos gesien deur my vader, en syne en elkeen voor hom
Dis soms so moeilik om die asemrowendheid van die sonsondergang
Op te som.
Kommentaar
Terry, baie geluk; ’n pragtige gedig vol diep hartsgeheime! Ons wil almal vlug maar het tog behoefte aan "iemand" wat genoeg omgee om saam te gaan!
Mees pragtige beskrywende gedig. Mag die son haar gesig na jou draai en jy warmte van haar glimlag, sag, teen jou wang voel, oral waar jy jouself sal bevind ...
Michelle Marais 🤗