
Filmplakkaat van Das Wunder von Bern en die omslag van Unsere Besten: Die 100 größten Deutschen
In sy slotsom skryf hy onder andere: "Die Duitsers is oorweldig en sommige is gevange geneem."
Dit is egter nie die einde van hierdie verhaal nie.
Dit was nie "sommige" Duitse soldate wat krygsgevange geneem is nie; inteendeel, dit kan selfs meer as 100 000 wees, aangesien die aantal Duitse krygsgevangenes na die Slag van Stalingrad met 120 000 gestyg het.
Dwarsdeur die oorlog is minstens drie miljoen Duitsers krygsgevange geneem. Oorlogswonde, gedwonge arbeid, siektes, wanvoeding en slegte behandeling het tot groot getalle se dood gelei.
In 1945, kort na die oorlog, is minstens 6 000 gerepatrieer. Daar was egter tien jaar later nog ’n groot groep steeds in die Russiese strafkampe.
Dit was Konrad Adenauer(1867–1967), kanselier van Duitsland (1949–1963), wat alles in sy vermoë gedoen het vir die terugkeer van hierdie ongelukkiges.
......
Vroeg in 1955 het hy en ’n afvaardiging, op uitnodiging, ’n besoek aan Rusland gebring. Die repatriasie van Duitse oorlogsgevangenes was die belangrikste punt op Adenauer se agenda. Die vierde dag, tydens ‘n staatsbanket, het die Duitse kanselier die knoop deurgehaak.
........
Vroeg in 1955 het hy en ’n afvaardiging, op uitnodiging, ’n besoek aan Rusland gebring. Die repatriasie van Duitse oorlogsgevangenes was die belangrikste punt op Adenauer se agenda. Die vierde dag, tydens ‘n staatsbanket, het die Duitse kanselier die knoop deurgehaak.
Dis waarskynlik hierdie diplomatieke oorwinning wat meegebring het dat Adenauer in 2004 in die boek Unsere Besten – die 100 grössten Deutschen as die "grootste Duitser" van alle tye verkies is.
Op 7 Oktober 1955 het die eerstes teruggekom. Ontroerende tonele het hul op die stasie afgespeel. Beeldmateriaal daarvan is op YouTube beskikbaar.
’n Mens sien die afwagting op die vrouens se gesigte. Die hoop dat hul eggenote te voorskyn sal kom, is duidelik merkbaar. Daar is die vreugdevolle omhelsings van diegene wie se hoop nie beskaam het nie. Daar is ook die vroue en kinders wat met diepe teleurstelling terugdraai en met leë hande huis toe moet gaan.
Geen mens kan onaangeroerd na hierdie video’s kyk nie. ’n Groot groep mans wat pas van die bus afgeklim het, staan vol verwagting rond. Die pyn, swaarkry en ontbering is duidelik op hul gesigte te lees. Sommiges was selfs vir 14 jaar( 1939–1956) van hul geliefdes geskei.
Dan begin ’n sagte stem uit die agterste ry sing: "Nun danket alle Gott, mit Herzen, Mund und Handen, der grosse Dinge tut ..." Dit word ’n luide massakoor wat met ’n crescendo opstyg.*
In 2004 het ’n film, Das Wunder von Bern, verskyn. Die onderliggende tema is die terugkeer van ’n krygsgevangene. Die pa kom terug in Essen na 11 jaar in Rusland. Op die stasie sien hy sy jong dogter vir sy vrou aan ... Sy gesin het geleer om goed sonder ’n gesinshoof te funksioneer. Wat ’n gelukkige tuiskoms moes gewees het, ontaard in konflik na konflik. Hy en die jongste seun, wat gebore is terwyl hy krygsdiens gedoen het, kan mekaar nie vind nie.
Hy neem dan as verrassing sy seun vir die finaal van die 1954-Wêreldsokkerbeker Switserland toe. Die wonder gebeur: Duitsland wen die finaal en pa en seun se verhouding kry ’n hupstoot.
Soos in die geval van Napoleon in 1812, het Hitler die oorlog teen die ysige Russiese winter verloor en burgers van wie baie geen keuse gehad het nie, opgeoffer en gesinne ontwortel.
Weer eens besef ’n mens: Feite is vreemder as fiksie.
* Lied 188 in Liedboek van die Kerk is byna ’n woordelikse vertaling uit Duits.
Bronne
Arens Peter& Knopp Guido: Unsere Besten, Econ Verlag, 2004.
Kriegsgfangene de Zweiten Weltkrieges. Wikipedia.
https:// www.dhm.de. Le MO kapitep. Der zwiete Weltkrieg.
https://www.welt.de. Kriegsgefangene. Welt.
Das Wunder von Bern, Ein Film von Sönke Wortmann, 2004.
Lees ook:

