Cornelia de Kock

Gebore op 30 Junie 1949 in Kroonstad as die jongste dogter van Babsie (gebore De Jager) en Joggie Spies,die onderwysman en kinderrympie-digter. Matrikuleer aan die Sentrale Höerskool in Bloemfontein en studeer aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy al haar kwalifikasies verwerf: BA (1970), Hons BA in Geskiedenis (1971) en HOD (1972). Sy behaal in 1983 ’n MA-graad in Geskiedenis. Die onderwerp van haar proefskrif is “Die Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weeshuis in Kaapstad tot 1923”. In 1994 word die DPhil-graad in Kultuurgeskiedenis aan haar toegeken met die onderwerp “Die wêreld van Con de Villiers – ’n kultuurhistoriese oorsig. Sy doseer vir veertien jaar deeltyds Geskiedenis by die Opvoedkunde-fakulteit aan die US.

Sedert 2013 skryf sy gereeld as vryskutjoernalis “Van alle Kante”-rubrieke vir Die Burger asook enkele artikels vir By

Sy is getroud met die soöloog Johan de Kock. Sy het drie kinders: Johan, ’n finansiële wiskundige, Corlie de Kock, ’n kunstenaar en kunskurator en Annemarie de Villiers, ’n dosent in Latyn aan die US. Sy het twee kleinkinders.

Krygsgevangenes

Cornelia de Kock Menings 2021-10-18

"In BY van 3 Julie 2021 het die historikus Gustav Hendrich ’n uitstekende uiteensetting van die Duitse inval in die Sowjetunie, Junie 1941, gegee. In sy slotsom skryf hy onder andere: 'Die Duitsers is oorweldig en sommige is gevange geneem.' Dit is egter nie die einde van hierdie verhaal nie."

Afrikaans verjaar

Cornelia de Kock SêNet-briewe 2020-09-01

"In Augustus kan ons steeds vir Afrikaans sê: Ons is bly dat jy gebore is en nog by ons is – al is dit nou ook net-net."

Die klein jakkalsies vreet die wingerd op

Cornelia de Kock SêNet-briewe 2020-07-27

"Dié van ons wat drank of sigarette by ’n smokkelaar gekoop het, moet onthou dat die deler so goed soos die steler is."

Tot in die soveelste geslag

Cornelia de Kock Fiksie 2017-11-16

"Die adellike swaeltjie Erika von und zu Berghoven (née Schüler) het elke jaar vanuit die koue Keulen in die Boland by haar aangetroude Afrikaanse familie kom kuier. Stellenbosch was vir haar die paradys."

Martin Luther – die onbekende

Cornelia de Kock Menings 2017-11-02

"Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 Stellinge teen die deur van die Kasteelkerk in Wittenberg vasgespyker. Martin Luther het dié historiese figuur geword wat reeds vir vyf eeue dwarsoor die wêreld die verbeelding aangryp."

Kombuistaal, kanseltaal en uiteindelik koeranttaal

Cornelia de Kock SêNet-briewe 2016-02-24

"Sonder Afrikaans en veral sonder die korrekte gebruik van die taal sou Die Burger waarskynlik nie verlede jaar sy honderdste verjaardag kon vier nie ..."

Top