Kosblik: ’n Blik op die kos, die skrywer én die boekbekendstelling

  • 1
Kosblik, ’n versameling kosstories deur skrywers, digters, joernaliste, essayiste, koskenners, woordvrate en ander skeppers is op Woensdag 31 Julie by Casparus op Stellenbosch bekendgestel. Dié geleentheid was ook ter viering van Queillerie-uitgewers se een-en-twintigjarige bestaan.

Hettie Scholtz het die maatskappy begin. Dit is later aan Naspers verkoop en het deel van die NB-stal geword.

Etienne Bloemhof, hoof van Queillerie, het met groot lof van Hettie gepraat, nie net as die stigter van Queillerie nie, maar ook as ’n mentor vir hom en baie ander.

’n Bos blomme is aan Hettie oorhandig, waarna sy vlugtig gesê het sy is trots op die weë wat Queillerie deesdae loop en op die bekwame hande waarin die maatskappy tans is. Hier is Etienne Bloemhof met Hettie Scholtz in die agtergrond.

Hierna het Nicole Jeakel Strauss, die samesteller van Kosblik, ’n onderhoud gevoer met drie van die skrywers: Marlene van der Westhuizen, Melvyn Minnaar en Helena Gunter.

Marlene en Melvyn het interessante idees gedeel oor nostalgiese kos, reiskos, eksotiese disse en die heilsaamheid van dit wat ons inneem. Hier is Marlene van der Westhuizen aan die woord.

Hester Carstens is 'n uitgewer by Queillerie.

EKM Dido het “Potjierol van toeka” geskryf.

Francois Smith het “Die proefleser” geskryf.

Helena Gunter het “Die dag toe my ma so gehuil het” en “Want die liefde is ’n wonderlike ding” geskryf.

Marlene van der Westhuizen het “Die laaste dag” geskryf.

Melvyn Minnaar het “Om den Brode” en “Goeie wit: varkvet” geskryf.

Nanette van Rooyen, hier saam met haar man, het “Merk my!” geskryf.

Alle gaste het ’n kospakkie gekry om huis toe te neem.
Die kos, wat vars in Casparus se kombuis gemaak is, was voortreflik.

Titel: Kosblik
Samesteller: Nicole Jaekel Strauss
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795800467

Koop Kosblik by Kalahari.com.
 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top