Kortlys vir die Ingrid Jonker-prys 2013

  • 0

Daar is sterk kompetisie vir die 2013 Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie. Die Ingrid Jonker Prys word jaarliks beurtelings aan ? Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Aangesien beoordelaars van die prys ook gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters.

Die drie beoordelaars – Petra Müller, Melt Myburgh en Henning Pieterse – het die volgende kortlys opgestel (volgens van in alfabetiese volgorde):  

Donkerkamer – Fourie Botha
• Resensie: Donkerkamer ingestel op die visuele
• Onderhoud: Binne die donkerkamer: Fourie Botha in gesprek met Bibi Slippers
• Fotoblad: Bekendstelling van Fourie Botha se Donkerkamer

In die skadu van soveel bome – Hennie Nortjé
• Resensie: Marius Crous resenseer In die skadu van soveel bome deur Hennie Nortjé

Wanpraktyk – Andries Samuel
• Resensie: Wanpraktyk se stukke, geheime en hoeke
• Onderhoud: Cari Coetzee gesels met digter Andries Samuel

Die lewe tussen pikkewyne – Jasper van Zyl
• Resensie: Die lewe tussen pikkewyne: Digkuns oor 'n lewensbestaan in absurditeit

Die wenner sal op 15 Oktober bekend gemaak word.

Danie Marais is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander lede van die komitee is Ronel de Goede, Diana Ferrus, Finuala Dowling en Leon de Kock.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top