Koos Kombuis oor sy vertoning by die ABSA KKNK saam met Stef Bos

  • 0

Niemandsland, 'n vertoning deur Boskombuis (Stef Bos en Koos Kombuis), word beskryf as "'n samekoms van twee manne van dieselfde generasie wat weet wie hulle was, wie hulle is en wie hulle eendag wil wees. Ook waar hulle was, waar hulle is, en waar hulle eendag wil wees." Koos Kombuis het vir Naomi Meyer vertel waarna teatergangers by die KKNK kan uitsien.

Ken julle mekaar al lankal, en hoe het dit gekom dat julle besluit het om saam te show by vanjaar se KKNK?

Ja, ons ken mekaar al baie lank, en wou al lankal iets saam doen, maar het nog nooit tyd gehad nie! Ons het albei moerse besige skedules.

Ek lees in die inligtingstuk oor Niemandsland dat julle noem julle kom uit dieselfde generasie. Maar is dit volkome waar? Die een generasie in Europa en die ander een in turbulente Suid-Afrika. Het julle nie die wêreld gans en al verskillend ervaar nie, dieselfde generasie ten spyt?

Ons het sekere angstige oomblikke gedeel; beide van ons is streng Calvinisties grootgemaak, en dit het ons wêreldbeeld bepaal en ons ook iets gegee om teen te veg en te verwerk.

Wat is die show wat julle aanbied? Sing julle, gesels julle ... en doen julle dit onafhanklik van mekaar, of gesamentlik? En wie skryf die teks?

Daar is geen teks nie, slegs ‘n rowwe raamwerk met temas. Ons het wel ‘n paar liedjies verwerk, wat ons soms alleen doen en soms saam.

Julle show was ook pas in die Atterbury-teater in Johannesburg. Gaan dit ‘n gereelde ding word waar julle twee saam optree?

Ons hoop so! Die shows by Atterbury was uitverkoop en baie goed ontvang. Ons ontvang reeds navrae van plekke waar ons dalk kan saam speel ná die KKNK.

Koos, wat is jou gunsteling-liedjie van Stef?

“Kloofstraat.”

Lees nog inligting oor die Stef Bos en Koos Kombuis se vertonings by die ABSA KKNK.

Lees 'n onderhoud met Stef Bos oor Niemandsland.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top