Wil jy jou winterfoto's met LitNet deel? Stuur jou foto's van die sneeu, of van kaggelvure of 'n reënerige straat. Onthou ook vir Shakespeare: "Now is the winter of our discontent." Dalk het jou kamera-oog ook ander, meer bedremmelde, wintertonele raakgesien, want daar is mense wat in die winter baie swaarkry. Stuur smaakvolle foto's vir LitNet na remona@litnet.co.za. Jy't kans tot 20 Augustus en ons behou die reg voor om foto's te plaas of nie te plaas nie.

Wen dié 6 boeke met die vriendelike vergunning van hul uitgewers: In 'n land sonder voëls deur Harry Kalmer (Penguin), Sweepslag deur Annerle Barnard (Tafelberg), Wit Wolf deur Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp (Tafelberg), Afskeid van 'n volk deur Philip Spies (Naledi), Min Shaw – Sprokie van 'n liefling deur Shaun Andrew (Protea).
Om in te skryf:
Stuur jou inskrywing per e-pos na remona@litnet.co.za.
Maak seker jou inskrywing sluit die volgende in:
- Jou naam en van
- Jou telefoonnommer
- Jou e-posadres
As jy in die buiteland woon mag jy inskryf, maar jy moet ’n Suid-Afrikaanse posadres verskaf.
Wie sê wie wen?
Die LitNet-redaksie kies die wenner.
Algemene riglyne en reëls
- Geen onvanpaste foto's of foto's waarop kinders se gesigte ten toon gestel word, sal toegelaat word nie. Die besluit oor wat onvanpas is, sal by die LitNet-redaksie berus, en LitNet behou die reg voor om onvanpaste bydraes aan die kompetisie te onttrek. Geen debat sal deur die redaksie met die fotograaf daaroor gevoer word nie.
- Elke persoon mag slegs een inskrywing tydens die verloop van die kompetisie instuur.
- Selfoonfoto’s word ook aanvaar.
- Deur in te skryf, stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet (en LitNet se sosiale mediaplatforms) en op verwante ruimtes gepubliseer mag word, hoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
- Kopiereg bly joune en LitNet word nie die eienaar van jou inskrywing nie. Na die kompetisie mag jy jou inskrywing op enige plek publiseer.
- Jy stem daartoe in dat jou inskrywing in mediaberigte of -uitsendings oor die kompetisie gebruik kan word.
- Jou inskrywing moet jou eie werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie – insluitend op sosiale media.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
- LitNet behou die reg voor om nie die prys toe te ken nie.
- Die kompetisie open op 26 Julie en eindig om middernag op 31 Augustus.
- Daar word ’n enkele wenner aangewys wat ’n geskenkpakkie van die 5 boeke hierbo wen, asook R1000 kontant.



Kommentaar
Zulk prachtig Zuid-Afrikaans winterlandschap te zien krijgen is nu werkelijk surrealistisch. Het doet koude rillingen krijgen. In Vlaanderen en Nederland is het absolute temperatuurrecord gisteren geklopt. Nog nooit in de geschiedenis was het warmer dan 40,8°C.
Het voelt erg aan als "vlam in die sneeu".