
Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 aan huis van Gideon Malherbe in die Paarl gestig.
In aansluiting by die viering van Taaldag, 14 Augustus, vind daar eerskomende Saterdag, 18 Augustus 2012, twee geleenthede by NALN plaas:
Saterdag 18 Augustus 2012: NALN: 09:00
Kom geniet Dames Perspektief en NALN se verrykende Kas van den Bergh-feesoggend ter viering van Taaldag. Die hoofspreker is prof JJ (Das) Steÿn, passievolle kenner van hierdie gewilde skrywer se wye oeuvre, en Leana Lategan van NALN praat oor Kas se vrouekarakters. Ontmoet ook twee van Kas se dogters. Die oudste, prof Rena van den Bergh van Unisa, lewer ’n huldeblyk aan haar haar pa en oorhandig sy nagelate dokumente amptelik aan NALN. Toegang R15 (sluit verversings in). Navrae by René Lombard, tel 051 – 522 5619, of Otto Liebenberg, NALN, tel 051 – 405 4013 of 084 621 7350.
Saterdag 18 Augustus 2012: NALN: 14:30
In aansluiting by Taaldag bied die Vriende van die Ou Presidensie ’n begeleide toer deur NALN (die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) aan, met die kurator van NALN, Otto Liebenberg, as gids. Kom kyk wat NALN doen en wat agter die skerms gebeur; en kom vra u vrae. Daarna word die Vrystaatse taalheld, Oom Lokomotief, se graf in die Memoriam-kerkhof besoek, en kranse gelê. Navrae by Lambertus van Rensburg, tel 051 – 422 5283 of 072 418 8665.

