’n Hond wat blaf,
’n haan wat êrens
uit-tyd-uit kraai,
’n reier wat ’n padda vreet
in ’n leë opvangdam,
stof-geverfde klippe
op die dak
van ’n eens
witgekalkte huisie,
die alles van niks
is hier
in ’n droë oneindigheid:
op die klipplaatpad
van Rooiberg
na Langeberg.
Lees ook


