
"Ek sien ’n nuwe hemel kom
’n aarde nuut en vry."*
"Ek sien ’n nuwe stad vir ons
en ek maak alles nuut."**
Op Kaapstadstasie brand ’n trein,
langs die pad staan honderd wit kruisies
geplant vir plase nou sonder base,
by die robot om die hoek
bedel ’n blou oorpak vol gate,
agter ’n geel polisielyn
op die winkel se stoep
lê iemand
onder ’n silwer kombers:
Vader Cyril
Vader Cyril
slaap jy nog?
slaap jy nog?
hoor hoe lui die kerkklok!
hoor hoe lui die kerkklok ...
* Gesang 177:1
**Staatsrede: Cyril Ramaphosa, 20 Junie 2019

