Kennisgewing: World Choir Games: kykNET saai opening- en afsluitingseremonie uit

  • 0

Die World Choir Games is die grootste koorgeleentheid ter wêreld met meer as 16 000 deelnemers vanuit 60 lande en meer as 300 kore wat kompeteer vir die gesogte titel van Wêreldkampioen. Hierdie jaar vind die 10de World Choir Games plaas  vanaf 4–14 Julie 2018 in Tshwane, Suid-Afrika. Hul leuse is ‘Singing together brings nations together’. Die geleentheid is oorspronklik begin met die gedagte om mense bymekaar te bring deur te sing in ‘n kompetisie, om sodoende te wys dat nasies verenig kan word deur die kunste.

kykNET het die uitsaairegte vir die opening- en afsluitingseremonie bekom en kykers kan op 4 Julie en 14 Julie inskakel op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) om hierdie merkwaardige produksies regstreeks te kyk.

Openingseremonie: Regstreeks op Woensdag 4 Julie om 19:30

Afsluitingseremonie: Regstreeks op Saterdag 14 Julie om 19:30

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top