Kennisgewing: Carel Trichardt en Petru Wessels by die WAT

  • 0

 

Carel Trichardt en Petru Wessels by die WAT

Die akteurspaar Carel Trichardt en Petru Wessels is op 24 Februarie die gaste by die eerste Woordpret van die jaar van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.  Hulle was onlangs die gaste in Margo Luyt se RSG uitsendings Portret van …  Afrikaans se groot sterre – mense wat in die radiodrama-, toneel-, film- en televisiewêreld hulle merk gelaat het, figureer in hierdie uitsendings.

Carina Diedericks Hugo sal van Longeridge se wyne kom bekendstel.  Wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar en Carel en Petru kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 minute en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30.  Skakel Cecile of Tanja voor of op 22 Februarie om teleurstelling te voorkom by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Daar is slegs sitplek vir 50 persone. Die Buro van die WAT is geleë in Banghoekweg 115, Stellenbosch. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top