Kennisgewing: Bedanking van die besturende direkteur – ATKV-MSW

  • 1

Deidre Le Hanie (Foto: Twitter)

Dit is met spyt dat die ATKV-MSW kennis neem van die bedanking van die besturende direkteur, Deidre Le Hanie. Le Hanie is ongeveer ’n jaar gelede aangestel en het die ATKV-MSW met groot ywer gedien. Haar voortgesette steun aan die ATKV-MSW en sy werksaamhede word waardeer.

Die ATKV-MSW is opreg dankbaar vir haar onbaatsugtige diens, leierskap en die herbelyning van die ATKV-MSW se strategie. Die ATKV-MSW wens haar alle sukses toe met haar toekomsplanne.

In die interim sal Sonél Brits, die huidige maatskappysekretaris, as besturende direkteur waarneem totdat ’n nuwe besturende direkteur aangestel word. Die direksie van die ATKV-MSW tref reëlings om te verseker dat die maatskappysekretariële funksie eweneens prioriteit geniet.

Sonél Brits

Die direksie en die uitvoerende komitee van die ATKV-MSW het volle vertroue in die waarnemende besturende direkteur sowel as die personeel van die ATKV se kundigheid, vernuf en entoesiasme om die ATKV-MSW se strategie tot verdere uitvoering te bring.

  • 1

Kommentaar

  • Dit is die eerste keer dat ek die naam ATKV-MDW sien en in bogenoemde aankondiging blyk dit iets anders te wees as die ATKV. 'n Mens moet dan seker die afleiding maak dat dit die naam is van die nuwe, uiters liberale organisasie. Mag ons weet of die ATKV uiteindelik besluit het om twee organisasies te hê en dat ons, langdienende lede van die ATKV, die oorspronklike ATKV nou weer teruggekry het? In die jongste verlede het ek ook hier op LitNet gelees dat die ATKV se tydskrif "Taalgenoot" beskou word as die leidende Afrikaanse tydskrif in die land. Dit is nou die "nuwe" Taalgenoot met die klomp afgryslik-liberale artikels in. Het ons Afrikaans-taalleiers verdwaal geraak? Waar kan ons heengaan om weer norm- en waarheidsgebonde artikels in Afrikaans te lese te kry, artikels wat beter insig bring en nie 'n subtiele agenda dryf om rasvermenging te bevorder nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top