Kans op oorlog word glad nie groter nie, maar kleiner!

  • 0

Beste Bokwerda

Jy het geskryf: “Karin Roodt het op PraagTV VS-Generaal Eisenberg aangehaal: ‘Die kans op ’n totale oorlog word al groter.’”

Jy bedoel Israeli Generaal Eisenberg. Eisenberg ... het dit nie vir jou as "kosher-kenner" Israeli's geklink nie? Vingerfout of vonkelwyn?

Moenie vir Generaal Eisenberg glo nie. Israel en die VSA is in geen posisie om nou teen Iran oorlog te maak nie. Ook nie binne die volgende twee jaar nie.

Rusland het Iran se kernkragaanleg nou aangesit, en daar is geen oorlog teen Iran nie, nie eens ’n bombardement nie.

Sedert 2005 skryf Seymor Hersh en Israeli-agente entoesiasties oor oorlog teen Iran, maar oorlog teen Iran is onmoontlik, totdat ’n McCain president van die VSA word, wat byna gebeur het, maar dit het nie, want Obama het hom verbygesteek tydens die ekonomiese krisis. Goddelike ingryping?

Ek neem ook maar Dan en Karin Roodt se kommentaar oor oorlog in die Midde-Ooste met sewe sakke sout op.

Dis nie die "Heilige Land" Jerusalem wat geskiedenis maak nie, maar Iran, die land van die Ariërs.

Israel is ’n baie jong en klein staat sonder sterk verdedigingsgrense. Daardie streek is altyd afhanklik van supermagte en moondhede.

Iran daarenteen, is die oudste staat op aarde, ’n ewig oninneembare bergvesting.

As Bybelgelowiges en Israelaanhangers die kans op en uitkoms van totale oorlog in die Midde-Ooste meer akkuraat wil voorspel, sal dit hulle help om die groot Judaïstiese geskiedskrywer Flavius Josephus ernstiger op te neem.

Volgens ou Flavius is die ware Israeliete – God se uitverkore volk waarmee Hy in die wêreldgeskiedenis ingryp om broer Esou op sy plek te plaas, anderkant die Eufraat in Iran.

Groete

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top