Kan fleksie-argitektuur die kunste red?

  • 0

Foto: Pixabay

Fleksie-argitektuur is volgens die jongste Wunderman Thompson-neigingverslag vuurwarm nuus. Nou wonder ’n mens of dit moontlik ’n oplossing kan bied vir die benarde situasie waarin die kunste hom tans bevind.

Gegewe die lot van die Fugard-teater, en ’n paar ander wat reeds gevou het of nog gaan vou, die gestoei van die Kaapse Filharmoniese Orkes en ander kunstenaars wat bly sukkel om nou uitkoms te vind, kan ’n mens dalk opgewonde raak oor dié neiging.

.........

Dié argitektoniese styl is een waar, gesien deur die lens van volhoubare ontwikkeling, die aard van strukture ruimte laat vir aanpasbaarheid en meerdoeligheid, sê Doris Viljoen, senior toekomskundige van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch.

...........

Dié argitektoniese styl is een waar, gesien deur die lens van volhoubare ontwikkeling, die aard van strukture ruimte laat vir aanpasbaarheid en meerdoeligheid, sê Doris Viljoen, senior toekomskundige van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch. Met fleksie-ontwerp (hybrid design) bestaan die moontlikheid deurgaans dat ’n struktuur byvoorbeeld, soos die behoeftes ook al ontstaan, gebruik kan word én werk as sportstadion, teater en operaverhoog. Die internasionale argiteksfirma Populous beplan só ’n struktuur vir voltooiing in 2026. (intelligence.wundermanthompson.com)

.........

Terloops, fleksie-argitektuur is al sedert antieke tye met ons. Dink aan die Olimpiese Spele in buitelug-arenas. Dit is die einste plekke waar digters en beeldhouers hul kunswerke aan toekomstige beskermhere vertoon het.

..........

Terloops, fleksie-argitektuur is al sedert antieke tye met ons. Dink aan die Olimpiese Spele in buitelug-arenas. Dit is die einste plekke waar digters en beeldhouers hul kunswerke aan toekomstige beskermhere vertoon het. Griekse dramaturge soos Aristofanes en Euripides se toneelstukke is in die buitelug opgevoer. Eweneens is die Romeinse keisers in die Colosseum vermaak, waar hulle die gladiatore kon aanhits in hul grusame gevegte met allerlei bloeddorstige diere soos tiere. In die opelug. En dit is ook hier waar die antieke Romeine vermaak is met kamma-kamma seegevegte – en waar kriminele dikwels tereggestel is.

Meer onlangs lok Giuseppe Verdi se opera Aïda jaarliks duisende besoekers na die Verona-arena, wat dateer uit 30 nC – kompleet met lewendige olifante op die verhoog.  Praat van ruimte vir die skep van sosiale afstand. Als veilig, in die buitelug. Ideaal vir Covid-vermaak.

Saartjie Botha, dramaturg en feesdirekteur van die jaarlikse Toyota US Woordfees op Stellenbosch, sê fleksie-argitektuur word reeds soms (ten dele) toegepas by kunstefeeste in Suid-Afrika deur skool- en kerksale, asook landboustore, vir die duur van die fees in teaterruimtes te omskep. “Die ontwerper Wolf Britz noem dié geskepte feesruimtes ‘installasiekuns met teaterelemente’.”

Maar hoewel fleksie-argitektuur oplossings vir die kunste bied, skep dit ook praktiese probleme, vertel Saartjie. “Dit is baie harde werk om ruimtes aan te pas. Ontwerpers moet mooi werk rondom ruimtelike beperkings. Draai-verhoë en ‘fly-bars’ is luukses wat nie bestaan nie, beligting moet aangepas word by dakstrukture.”

Evert Esterhuizen, argitek en kunstenaar van Durbanville wat belangstel in fleksie-argitektuur, meen met die pandemie is die “pop-up”-model – waarby fleksie-ruimtes inpas – ’n goedkoper oplossing om nuwe ruimtes te skep. Dit sluit opskiet-kunsuitstallings, flieks en sekere toneelvertonings in.

Evert sê: “’n Gevoel van geborgenheid in die onderbewuste is wel baie belangrik en soms doen fleksie-ruimtes afbreek aan die teaterervaring. Die kunstenaar en gehoor het ’n plék nodig waar hulle ’n konneksie met mekaar vorm.”

.........

Evert sê: “’n Gevoel van geborgenheid in die onderbewuste is wel baie belangrik en soms doen fleksie-ruimtes afbreek aan die teaterervaring. Die kunstenaar en gehoor het ’n plék nodig waar hulle ’n konneksie met mekaar vorm.”

...........

Saartjie beaam dit: “’n Teater het mense nodig. ’n Ruk gelede, toe ek die Fugard besoek, was alles daar: die stoele, ligte, ouditoriums. Maar die hart van die ruimte was weg. Kreatiewe energie leef voort in ’n ruimte, maar mense is nodig om dit in stand te hou. Gaan jy dié energie behou as daar nou en dan ’n tenniswedstryd op die ‘verhoog’ gespeel of ’n verdoemende preek gelewer word? Dit sal ons moet sien.”

“Maar,” reken sy, “minstens gaan die ruimte lewe.”

Evert meen die probleem met aanpasbare argitektuur wat tussen ekstreme kan verander, veroorsaak dat ’n mens uiteindelik sit met ’n reuseskuur – spasie wat geen karakter of identiteit het nie. “Ons is wesens van gewoonte en patroon en skielik is die bekende weg. Dra dit nie onderbewustelik tot angs by nie?”

.........

Die voordeel van dié argitekstyl is wel dat enigiets moontlik is, meen hy. "Amfiteaters kan uiteindelik met minimale koste weer herleef en heerlike venues vir buitelugvermaak word."

.........

Die voordeel van dié argitekstyl is wel dat enigiets moontlik is, meen hy. “Amfiteaters kan uiteindelik met minimale koste weer herleef en heerlike venues vir buitelugvermaak word. Programme kan ontwikkel word wat onderontwikkelde plekke identifiseer wat dalk ekonomiese opheffing nodig het – dink aan verlate parkeerareas wat oopgestel kan word vir ‘pop-up’-kunsgebeurtenisse.  Dalk is die Londense Jellyfish-teater ’n goeie voorbeeld hiervan.”

Dié Londense teaterprojek is ’n tydelike konstruksie wat fokus op volhoubaarheid en is van herwinbare produkte gemaak: teaterstelle wat op die ashoop beland het, hout wat op konstruksiewerwe opgetel is, oorskiet op markte, en ou kombuis-eenhede wat die publiek geskenk het. (designboom.com)

Daar is reeds talle voorbeelde van fleksie-argitektuur wat ’n uitkoms aan die kunste bied, vertel Doris. REX, ’n internasionale argiteksfirma in New York, se ontwerp van die uitvoerendekunstesentrum aan Brown University is ’n uitstekende voorbeeld. Dit is só ontwerp dat mure, vloere, stoele, die plafon en ligte kan beweeg sodat ’n simfoniekonsert, dansuitvoering, interaktiewe digitalemedia-installasie, teateruitvoering en formele banket daar aangebied kan word. Als in dieselfde ruimte, binne ’n week of twee.

Saartjie reken in ’n Derdewêreldland soos Suid-Afrika, waar baie nog in shacks bly en kinders soms nog onder ’n boom skoolgaan, moet ’n mens anders dink oor die optimale gebruik van beskikbare ruimtes.

Lees ook:

Persverklaring: kom Flikker & Flash in die strate van Stellenbosch

Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top