Soek jy liefde?
LitNet, in samewerking met LK Mediabook en Liefde by die dam, gee 5 x 2 kaartjies weg na Liefde by die dam op 12 November 2022 by Meerendal in Durbanville.
Hoe om in te skryf
- Lees die persverklaring.
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Liefde by die dam”.
- In die e-pos self moet jy twee van die kunstenaars noem wat op 12 November by Meerendal op die Liefde-verhoog sal wees.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 18:00 op 3 November 2022 bereik.
Persverklaring
Liefde by die dam 2022
Meerendal, Durbanville.
Saterdag 12 November 2022
Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Robbie Wessels, Early B, Karen Zoid, Tarryn Lamb, Snotkop, Biggy, Will Linley, Neon Dreams, Justin Vega, Jack and June, Eloff en MC Schalk Bezuidenhout.
Suid-Afrika se nommer 1 musiekfees Liefde by die dam is vanjaar in April vir die eerste keer weer sedert 2020 in Johannesburg en Kaapstad aangebied. Kaartjies vir beide konserte het so vinnig uitverkoop, dat die organiseerders besluit het om dié gewilde dagfees weer in die tweede helfte van die jaar aan te bied. “Veral noudat al die Covid19 regulasies daarmee heen is,” verduidelik Pierre Greeff van Die Heuwels Fantatasties en ook een van die organiseerders. “Ons het met die vorige twee konserte vroeër vanjaar gesien dat mense ’n behoefte het om lekker te kuier en weer epiese konserte te ervaar. Die gevoel van samehorigheid was aansteeklik. Daarby saam is daar tans soveel great kunstenaars op ons land se verhoë, ons wil nog baie van ons bestes op die Liefde-verhoog kry.”
’n Tweede konsert wat op 14 Augustus by Emmarentia dam in Johannesburg aangebied word, het binne ’n paar dae na die aankondiging uitverkoop.
Kaapstad kry ook nou weer ’n beurt! Kaartjies vir die volgende Liefde by die dam by Meerendal in die Weskaap, op Saterdag 12 November, is nou beskikbaar. Greeff sê: “Ons is baie bly is om die fees te kan aanbied op die skaal wat dit moet wees: “Liefde is bekend daarvoor dat dit ’n groot dag is, met groot name op ’n groot verhoog voor ’n groot skare. Ons kies kunstenaars wat ons wéét die verhoog behoorlik sal laat vlamvat. Die hele span werk hard daaraan om alles uit te haal vir ’n onvergeetlike partytjie!”
Die gewilde komediant en akteur Schalk Bezuidenhout is weer die seremoniemeester. Bezuidenhout wat ons met sy “Feeling good, feeling positive!” sosialemediainskrywings sedert die grendeltydperke in 2020 begin het vermaak, is al ’n legende op die Liefde-verhoog.
- Meer inligting en kaartjies by: http://www.liefdebydiedam.co.za
- Liefde by die dam Facebook: https://www.facebook.com/LiefdeByDieDam
- Liefde by die dam Twitter: https://twitter.com/LiefdeD
- Liefde by die dam Instagram: https://www.instagram.com/LiefdeByDieDam
Reëls
- Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
- Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
- Wenners sal self by die Liefde by die dam moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan LK Mediabook te verskaf en jy gee aan LK Mediabook die reg om met jou kontak te maak.
- LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.
- Geniet jou musiek verantwoordelik, wenner of te nie!


Kommentaar
Early B, Die heuwels fantasties.
Francois van Coke, Robbie Wessels.