Angus
Jy het my brief nie verstaan nie – daarom is jou kommentaar so basisloos.
Jou aanvanklike strategie was dat dié PCS omtrent net by die paar ateïste voorkom, by ’n geringe persentasie van die mensdom wat dan kwansuis sou ooreenstem met die aantal ateïste – sien jou eie konklusie: “By ongeveer 2.4% van die wêreldbevolkings het ? verdere evolusionêre stap plaasgevind deur ? ekstra vou in die brein bekend as die paracingulate sulkus of kortweg die PCS. Hierdie PCS is daarvoor verantwoordelik dat onderskei kan word tussen dit wat verbeel word en die werklikheid. En glo my, dit is nie toevallig nie dat die geskatte persentasie ateïste in die wêreld ook 2.4% is.”
Watter opperste leuenagtige snert.
Ek het die inligting oor die studies daaroor slegs aangeraak en reeds uitgewys watter blatante leuenaar jy is (soos gewoonlik). Nou toe, plaas die skakels van die studies wat bewys soos wat jy beweer het (ek het dit hierbo aangehaal). Maar niemand gaan asem ophou nie, want jy sal eenvoudig nie kan nie.
Jy sien, nóg ’n verskynsel wat ons dan by die geharde ateïs soos jy agterkom, is die verworwe onvermoë om te onderskei tussen leuen en waarheid (is maar dieselfde as julle onvermoë om te onderskei tussen werklikheid en fabel – ’n leuen is mos die voorhou van ’n onwerklikheid, ’n fabel, nie waar nie …), omdat die grondslag vir die onderskeid juis in die spirituele dimensie lê – let op, die Woord is deurspek met studies en voorbeelde van Goddeloses se leuenagtigheid en is ook vol waarskuwings daaroor – en jy kom eiehandig en verleen weereens die bewys vir die betrou baarheid van die Woord – jy weet, die HERE het dié kwessie met een sinsnede opgesom toe
Hy sê:
“44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan.” – Johannes 8
En, natuurlik, die duiwel se kinders praat hom na, nè Angus.
Jy behoort geïgnoreer te word. Jou skryfgoed is werklik irrelevant en as mens daarop reageer, is jou reaksie net bevestiging daarvan want jy besef nie eens wat jy self skrywe nie.
Kobus de Klerk

