Baie mense verwar die werklikheid, en dit wat verbeel word, met mekaar. Daarom sal die fundamentalistiese Christen soek na Lot se soutpilaarvrou en die ark op Ararat. Fiktiewe karakters, soos Jesus, het vir hulle werklik bestaan. So het iemand byvoorbeeld geglo dat Bart Nel sy oupagrootjie was, nadat hy Van Melle se roman gelees het.
Verbeelding, kreatiwiteit, intuïsie, die bewuste, is almal aktiwiteite van die menslike brein, en het deur evolusie tot stand gekom. By ongeveer 2.4% van die wêreldbevolkings het ? verdere evolusionêre stap plaasgevind deur ? ekstra vou in die brein bekend as die paracingulate sulkus of kortweg die PCS. Hierdie PCS is daarvoor verantwoordelik dat onderskei kan word tussen dit wat verbeel word en die werklikheid. En glo my, dit is nie toevallig nie dat die geskatte persentasie ateïste in die wêreld ook 2.4% is.
Dit is so eenvoudig soos dit. Die Christen kan nie onderskei tussen verbeelding en die werklikheid nie. ? Goeie ou vriend van my beweer dat hy bekeer geraak het een nag toe ? helder lig op hom geskyn het, en Jesus langs hom op die bed kom sit, en ernstig met hom gepraat het. Dit kon net sy verbeelding gewees het, maar vir hom het dit werklik plaasgevind.
Groete
Angus

