Jan Rap, toe droom ek wragtag van jou!

  • 1

Ek weet nie of ek besig is om mal te word nie, maar ek het vanoggend 'n ruk lê en slaap na ek dorptoe was, en toe droom ek sowaar van jou!

Vandat ek jou op hierdie forum teëgekom het, het ek gemeen jy is 'n briljante, vriendelik ou wat 'n aangename vriend kan wees. Maar vandag droom ek toe ek kuier by familie op Vereeniging en ry vandaar na Johannesburg om jou te ontmoet. Ek kry jou toe op 'n soort pawiljoen, soos by die perderesies. Daar lyk jy toe glad nie soos ek my voorgestel het nie en jy is ook glad nie aangenaam nie, jy wil die heeltyd net vir my gedigte voorlees wat jy geskryf het. Die gedigte is deels Afrikaans, deels Engels en Hollands en Duits en ek verstaan daar niks van nie. Dalk was daar nog Grieks ook by.

(Bostaande is die heilige waarheid min of meer, glad nie 'n grap nie.)

Ewenwel ek wou jou nog sê, ek verbeel my jy het vroeër, toe ons oor Sunnyside geskryf het, gesê jy het na of tydens jou studies by die Transvaalse Provinsiale Administrasie gewerk as stadsbeplanner, of so iets. Wel ek het tot Oktober 1966 by TPA gewerk by die Dorperaad, waar hulle gewerk het met dorpstigting. Spesifiek het ek korrespondensie en komitees hanteer oor verdeling van plaasgrond en oprigting van inryteaters. Deur die werk het ek mnr Pentz, die destydse Landmeter-Generaal ontmoet, en ander mense wie se name ek nou vergeet het, soos die Registrateur van Aktes en Dorperaadlede. Daardie jare was my ampstitel maar "Klerk", later opgegradeer na "Administratiewe Assistent". Ek was toe nog bitter jonk, pas 21 toe ek daar weg is.

Wat dink jy van my voorstel dat ons Engels inlyf by Afrikaans? (Sien die briefie "Afrikaans [Engels geïnkorporeer]" van omstreeks die 16de of 17de April.) Dan sluit ons die hele Engelse woordeskat by Afrikaans in, ook al die idiome en gesegdes, om nie eens te praat van al die literatuur nie. Sodoende het Afrikaans dan Engels ingesluk en hoef ons nie meer te vrees vir die omgekeerde nie.

Groete,

Varkspek

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top