Afrikaans (Engels geïnkorporeer)

  • 3

Ja, dis wat dit is, ons leef al so lank saam met Engels in hierdie land dat dit deel van ons en ons taal geword het. Ons het dit ingelyf by Afrikaans en dit is 'n enorme groei in ons woordeskat en lewenservaringe. Ons gebruik dit na hartelus, soos en wanneer nodig vir die liefde, oorlog, biesagheid, tegnologie en wetenskap. You name it ...

Dit beteken nie dat ons Afrikaans gaan verloor deur verswelging deur Engels nie. Inteendeel, Afrikaans het Engels ingesluk. Afrikaans is te gemaklik om sommer so te verdwyn, dit vloei glad van die tong af, ek wil amper sê dis meer van 'n "natuurlike taal" as enige ander. Dis in die merg van ons gebeente, van die wieg tot aan die graf.

Lank lewe Afrikaans (Engels geïnkorporeer)!

(Jan Rap, ek antwoord jou anderdag as ek daarvoor lus kry.)

Varkspek

  • 3

Kommentaar

  • Varkspek, Jy praat stront en jy weet dit!  Pig bacon Joe tolks shit end joe  nous it. (Het self nou sommer 'n groot skat aan ingels gegee.) Groetnis, Et1

  • Klink my die Britte het 'n politieke vraagstuk begin aan Kaap, met vrygewige Portugese mulato's! Veral omdat Engelse vroue hul gedra asof hul in 'convent' is? Nou ja, van Riebeeck het op 6 April 1652, Engelse navigator Harry dié Strandloper ontmoet en hul gesprek was seker so geradbraakte nederduits vol anglisismes??

    Hans

  • Beste Varkspek

    Ek hou van wat jy skryf.  Inteendeel die Afrikaner Woordeboek is groter en ryker as die Engelse Woordeboek.  Afrikaans bevat albei

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top