Jaco Fourie speel duiwelsadvokaat - Nuwe Testament: Apostels ongeletterd?

  • 3

’n Powere poging gedateer ou. Ek sê so vir die volgende enkele redes:

(1)    Jy gebruik Wikipedia as ‘n onberispelike en onbesproke bron. Enige persoon kan hier goedjies aanlas en aan ander voorgee sy bydrae is die Alfa en Omega daarvan.

(2)    Jesus het by die Huttefees gepraat, daar waar daar baie Jode byeen was.  Die Joodse Raad wou dat hy sy “papiere” moes wys, want het hulle geweet, Hy was nie deur Rabbi’s (teokrate) onderrig nie, maar tog het hulle in v:15 erken dat Hy oor geleerdheid beskik, en waar wou hulle weet, kom Hy daaraan.

(3)    So ook met Petrus en Johannes (Hand 4:13). Die Joodse Raad was oor hulle “verbaas”. Hierdie was maar gewone mense, in teenstelling met die Joodse Raad wat persone was wat met groot agting bejeën was as gesaghebbendes op die gebied van die Skrif (ou testament) en sake van die geloof.

(4)    Ons lees in Matt 11:25 dat Jesus die Vader dank omdat Hy hierdie dinge aan gewone mense bekend gemaak het.

(5)    En dan was daar die mense in sy eie dorpie wat verstom was “waar kry hy hierdie wysheid vandaan” (Matt 13:54).

(6)    Grieks en nie Latyn nie, was die wêreldtaal daardie tyd. Soos seker Engels vandag. Dus sou dit in Grieks aan gemeentes in Asië geskryf gewees het. Dit is gewoonlik aan die “moedergemeente” van die gebied gestuur waarna die ander kleiner gemeentes hul eie afskrifte aangevra het. Dit is van hierdie eerste kopieë wat behoue gebly het wat kundiges vandag as hul primêre bron in vertalings gebruik.

 So, hulle was beslis nie ongeleerd nie, en die Bybel wat ons vandag nog lees, is geïnspireerd. Daar is baie gesaghebbende handleidings in die mark beskikbaar oor die “baie” Bybelvertalings. Lees gerus een.

 Raed-na-Gael.

 

  • 3

Kommentaar

  • Raed
    Om wys te wees verg nie dat jy geletterd moet wees nie. Ongeletterde mense kan ook wys wees.
    Soos Jan, maak jy 'n nuwe skakel oop wat die draad van die onderwerp onder bespreking onderbreek en verdoesel die debat en weergee jou eensydige weergawe. Vir die leser: Om 'n gebalanseerde gevolgtrekking te kan maak, lees my bydrae wat deur Raed hierbo gekritiseer word: https://www.litnet.co.za/die-nuwe-testament-meer-vrae-antwoorde/
    Ek gebruik jou nommer paragrawe om jou stellings te weerlê.
    1. Wikipedia word nie deur my as die alpha en omega gebruik nie (jou uitsluitlike veralgemening), wel soos wat 'n mens die inleiding van hoofstukke van 'n boek gebruik om 'n vinnige opsomming of oorsig van die inhoud van die boek te wil weet waaroor dinge gaan. In elk geval wat ek vanuit Wikipedia aangehaal het, is direkte aanhalings deur hulle vanuit die werke en skrif van oorspronklike tekste. Bewys die teendeel as jy kan.
    2. Jy weergee nie wat Joh.7:15 se nie: "Waar kom Hy (Jesus) aan die geleerdheid? Hy het dan GEEN OPLEIDING gehad nie." Daar is 'n verskil tussen geleerdheid en GELETTERDHEID. In teenstelling was Paulus beide geleerd en geletterd. Paulus het aan die voete van Gamaliel geleerdheid bekom, en met sy eie pen sendbriewe geskryf. Die NT doen die moeite om dit van Paulus te se, maar nie oor Jesus nie. Jesus het niks geskryf nie, omrede hy ongeletterd was.
    3. Jy weergee nie wat Hand. 4:13 se nie: "want die (Joodse) Raad het geweet dit is maar (die apostels) ONGELETTERDE en eenvoudige mense.”
    4. Hierdie teks (Matt.11:25) het niks met die onderwerp onder bespreking te doen nie en word afgeskryf as 'n afwykende gegorrel.
    5. Matt.13:54. Weereens "wysheid" beteken nie geletterdheid nie. Soos in my inleiding reeds genoem wyse mense hoef nie geletterd te wees nie. Dat Jesus wys was, betwyfel ek nie. Dat hy geletterd was is daar geen Bybelse bewyse soos in die geval met Paulus daarvoor nie.
    6. Grieks was die HANDELSTAAL van die Midde-Ooste, nie "wêreldtaal" van die tyd soos jy hierbo weergee nie. Die gemeente in Rome het vanuit Romeine bestaan en nie almal was handelaars nie. ALMAL in die gemeente was nie Grieks magtig nie. As Romeinse burger van Tarsus, was Paulus Latyns magtig, dus was hy in staat om aan die Romeine in hul eie taal te kan skryf, sodat ALMAL sy boodskap kon verstaan.
    Die Jode van die tyd was beide nougeset asook regsgesind in beide politiek en godsdiens. Dit vind jy onder die Fariseërs en Sadduseërs as voorbeelde in die Bybel. Hulle het geweier om Grieks te praat. Om 'n sendbrief aan die Hebreërs in Grieks te skryf sou vir hulle 'n belediging gewees het en wat hulle nie sou gelees het nie. Indien jy 'n oop gemoed het, kyk gerus na die volgende 8min Youtube clip:
    https://www.youtube.com/watch?v=aTpbSLlmUA4
    Ten laaste sê jy: "Dit is van hierdie eerste kopieë wat BEHOUE gebly het wat kundiges vandag as hul primêre bron in vertalings gebruik."
    Eerste KOPIEË beteken nie OORSPRONKLIKE teks nie. Jy meld nie die jaartal van sodanige "eerste kopieë" nie, asook nie waar sodanige "eerste kopieë" te besigtig is nie. Die oudste volledige kopieë van die NT is die van Sinaiticus en Vaticanus, beide te besigtig vandag. Ouer kopiëring in fragmentevorm (losstaande Bybel ekste hier en daar) is onvoldoende om enige sinvolle vertaling te kan bewerkstellig. Indien jy van my verskil, verskaf bewyse, nie net deur mistig te sê: "Dit is van hierdie eerste kopieë wat behoue gebly het wat kundiges vandag as hul primêre bron in vertalings gebruik."

  • Jaco,

    "I rest my case."

    Terloops, het jy hier op LitNet = 'n "oorspronlike" Aramese Testament? 'n Kritiese evaluasie van die Pesjitta onder oë gehad ? Weet jy van die Pesjitta?

    Raed-na-Gael

  • Raed,
    Teoloë stel dit dat die Bybel deur God geïnspireer is. Wat word bedoel met geïnspireer? Beslis nie fakse of epos of 'n donderende stem uit die wolke nie. Hallusinasies? Nee Raed, ek sien dit gewoon dat dit skrywers was wat 'n behoefte gevoel het om die wêreld en sy oorsprong te verklaar en om sosiale wette vir hul medeburgers voor te skryf. Net soos wat San-mense byvoorbeeld ook verklarings vir die ontstaan van die wêreld het. Daarom is daar ook so baie verskillende gelowe. Die mens skep gode om sin te maak. Ons het egter nou wetenskap om baie dinge (nie alles nie) te verstaan. Laat staan jou verknogtheid aan ou argaïese skrywers se siening en raak verwonderd met die ontdekkings wat die moderne wêreld meebring!
    Groete,
    Pro-dink

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top