J W Gericke as agnostiese dienaar van die betroubaarheid van Gods Woord – deel 1

  • 0

Chris voorsien in sy hoeveelste fatale poging om God te probeer diskrediteer ’n skakel van ’n ánder agnostikus, ’n teoloog met die naam Gericke, wat sy doktorale proefskrif daarop fokus om te probeer ‘bewys’ dat God nie werklik bestaan, nie, maar sommer net ’n mitologiese versinsel van mense van die Ystertydperk, is (wie sal nog met my stry dat alle teoloë beslis nie gelowiges is, nie?). Nou waarsku Chris ewe dramaties vir Cornelius dat hy wat Cornelius is, kwansuis sy geloof kwyt sal wees as hy dié agnostiese oefenlopie van Gericke lees. Bid jou dit aan – agnostikus Gericke sal vir agnostikus Cornelius sy ‘geloof’ laat verloor …

Maar kom ons kyk na Gericke se agnostiese oefenlopie.

Gericke se Godslasterlike agnostiese oefenlopie in die formaat van ’n ‘teologiese’ doktorale proefskrif is van die belangrikste voorbeelde van verval wat ek nog gesien, het. Ek is voornemens om hierdie werk van Gericke aan ander voor te hou as bemoediging – eerstens vir die betroubaarheid van Gods Woord en ook as amperse locus classicus van hoe die agnostiese selfdesepsie sindroom inskop en sy vernietigingswerk met ’n andersins baie bruikbare mens, doen.

Agnostici is báie lief vir die teologie – vra maar vir Chris. Baie van hulle doen dit as ’n nering, soos Gericke en vra maar vir Chris, ook. Hedendaagse ‘teologie’ is die grootste geldfoefie ter wêreld. Die aanvraag vir hul, die teoloë, se produkte is globaal enorm – beide van agnostici en van kerke. Hulle verskaf hul pasmaak produkte aan algar, om die behoefte te pas – soos ons kan sien nou weer met Gericke. Daarmee ‘verdien’ hulle ereposisies, promosie, aansien, bekendheid, salarisse, ens en soos in die geval van Gericke ook, gee daarmee boonop uiting aan ’n ernstige skeut van emosionele bitterheid – mits hulle natuurlik aan die behoeftes bly voldoen. Die Waarheid is, met enkele uitsonderings na, vir hulle oor die algemeen van geen belang, nie - die behoefte en kontroversie (dit verkoop soos soetkoek) wél, en hul bedryf dit soos dit in enige goeie besigheid betaam gedoen te word. Bykans geeneen van hulle (oor die algemeen) het enige merkbare verbintenis met die Heilige Gees van God, nie (hoe kan hul dan aanspraak maak op kennis en insig in die Woord? – Johannes 14:25-26) en indien wel, laat te min van hulle dit dan só blyk.

Gericke se agnostiese aanslag en dan ook sommer sy valslag, is sommer van meet af aan, opsigtelik. Hy word onmiddellik weerspreek deur werklike kenners, soos byvoorbeeld deur gesoute en bekende professor Hennie Stander van dieselfde universiteit – ’n gelowige deskundige kenner van Ou Testamentiek en ook van die Ou Testamentiese tale, om maar ’n enkele van vele te noem. Maar dit is hoegenaamd nie die belangrikste aspek, nie. Die werklikheid en die Woord vernietig sy poging.

Dit is nie hier moontlik om in enige mate van detail met selfs die ooglopende misvatte van Gericke te deel, nie. Sy proefskrif beslaan meer as 440 bladsye vol van absolute ongebreidelde agnosties-sekulêre teologiese snert. Maar, sy aanslag is in die beginsel daarvan reeds ’n mislukking. Die res is maar net meer detail van mislukking voortspruitend uit die aanvanklike ernstige mistasting in benadering en werkswyse.

As mens, soos Gericke, die heerlikheid van God ‘onderwerp’ aan menslike konstrukte en filosofie, dan mis daardie mens die eerste belangrike en deurslaggewende beginsel – jy kan nié die nie-menslike aan menslike standaarde beoordeel, nie. God is nié mens, nie. Mens is nié God, nie. Die mens beskik derhalwe oor absoluut niks wat hom in posisie sal plaas om op enige wyse ’n beoordeling van God te maak, nie. Al wat die mens het om mee te werk, is dit wat God Self aan die mens, openbaar omtrent Homself – deur SY Seun, SY Woord.

vervolg

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top