Cornelius
Hello Cornelius,
Baie dankie vir hierdie reaksie van jou kant af Baie dankie vir hierdie reaksie van jou kant af waarin jy repliek lewer op my beskuldiging dat jou Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete ’n klug is. Sonder om weer in eindelose debat daaroor te verval voer ek aan dat daardie groete en waarvoor dit staan dalk beter deur jou verduidelik moet word en nie aangebied moet word soos jy hier gedoen het.
Maar tog het ek jou uitdaging om dit te oordink aanvaar en met ’n werklike aangename persoon dit bespreek wat die aard van hierdie uitreiking aan my verduidelik het en kom sy oor as ’n uitsonderlike persoon, gelowig en baie goed ingelig, dit was ’n aangename gesprek.
Die Afrikaans vir die term het ek nie nou nie, maar interfaith is die term, wanneer jou groete in daardie lig gelees word, dan maak dit vir my volkome sin. Die verskillende groepe ontmoet mekaar as volgelinge van hul spesifieke geloof en daar is geen projek om mekaar te bekeer nie of ’n enkele nuwe geloof te probeer vorm nie.
Daardie uitreiking na mekaar en die afbreek van die silo’s het my volhartige steun en het ’n vertelling van die persoon die kragtigheid daarvan bevestig met die vertelling van ’n gesamentlike aanbidding ’n dag na 911 waar Jood, Moslem en Christen saam gekniel het en die slagoffers van daardie dag aan hulle God opgedra het.
Om te bevestig, "inter-geloof", is ’n projek wat steun waardig is en met belangstelling ondersteun kan word om die effek daarvan op die samelewing te monitor.
Tony Blair het dit in die gesprek uitgekom is veral betrokke hiermee.
Ook is Boko Haram en waarvoor dit staan en die onmoontlikheid om in dialoog met so ’n groep te kan staan bespreek en is die uitdaging staande en die vermenging van die Evangelistiese met die politiek in die VSA en die uitdagings wat dit tot gesprek bied ook uitgelig.
In kort "inter-geloof" dialoog is belangrik maar dit is defnitief nie maklik nie.
Baie dankie
Wouter

