Inskrywings vir die 10de kykNET Silwerskermfees nóú oop!

  • 5

Die kykNET Silwerskermfees vier vanjaar ’n dekade van uitsonderlike films en talent in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf.

Sedert die begin van die kykNET Silwerskermfees is daar al die afgelope 9 jaar sowat 126 kortfilms vervaardig met meer as 80 vollengte films wat by die fees debuteer het. Vooraanstaande filmmakers soos Christiaan Olwagen(Kanarie, Poppie Nongena), Nosipho Duma(Nommer 37), René en Corné van Rooyen(Vaselinetjie, Alles Malan, Toorbos), Bennie Fourie(Vuil Wasgoed, Hotel) en Amy Jeptha(Soldaat, Ellen: My naam is Ellen Pakkies) het die eerste keer die plaaslike filmbedryf betree as wenners van die gewilde Silwerskermfees kortfilm-projek. Vandag staan elkeen van hierdie filmmakers hul plek vol in die breë Suid-Afrikaanse filmbedryf.

Inskrywings vir die kortfilm-kompetisie, bestaande werke en draaiboeksoek is nóú amptelik oop!

Waarvoor kan jy inskryf:

Vanjaar is die Silwerskermfees kortfilm-projek ietwat anders: Vanjaar is ons opsoek na oorspronklike konsepte van talentvolle filmmakers, met geen voorkeur aan genre nie, en nuwe films tussen  3 – 30 minute lank. Filmmakers met beste konsepte word dan gekies om deel te neem aan ’n skryfskool. Hierdie gekose filmmakers sal dan met hulp van mentors uit die plaaslike filmbedryf aan ’n finale draaiboek werk voordat die beste draaiboeke as kortfilms vervaardig sal word. Dié NUUTGESKEPTE KORTFILMS sal dan tydens die kykNET Silwerskermfees later vanjaar debuteer en in aanraking kom vir verskeie pryse.

Indien filmmakers al vantevore as ’n skrywer of regisseur ingeskryf het kan hul nie in dieselfde hoedanigheid weer in skryf nie maar wel as ’n vervaardiger of regisseur.

Voornemende filmmakers het tot en met 11 Maart 2020 ’n kans om by www.silwerskerm.tv te registreer en voorstelle tussen 250 en 300 woorde elektronies in te handig. Inskrywingsfooi is R500.

Om ’n dekade van die kykNET Silwerskermfees te vier vanjaar sal daar weer ’n geleentheid gebied word vir vervaardigers en filmmakers om enige bestaande werke by die fees in te skryf. Dit sluit enige vollengte, kortfilms en dokumentêre films in. Hierdie BESTAANDE WERKE mag al vantevore internasionaal gewys het maar moet plaaslik debuteer tydens die Silwerskermfees. Vanjaar mag filmmakers ook kies om hul film in te skryf  vir kompetisie as dit aan alle bepalings en voorwaardes voldoen en ‘n allemintige prysgeld van R100 000 wen. Sou jou BESTAANDE WERK wen, sal jy ook die geleentheid kry om jou werk te lisensieer.

Alle vorige deelnemers van die Silwerskermfees mag ook bestaande werke in dien wat nog nie by die fees gewys het nie.

Inskrywings vir alle BESTAANDE WERKE sluit 30 April 2020. Inskrywingsfooi is R500.

Daarby bied kykNET in samewerking met M-Net ’n geleentheid vir voornemende skrywers om ’n oorspronklike draaiboek vir ’n vollengte film vir die DRAAIBOEKSOEK-kompetisie in te skryf. Draaiboeke mag in enige genre val en moet in die regte draaiboek-formaat ingehandig word. Die wenner sal ’n kontantbedrag van R50 000 wen.

Inskrywings vir die DRAAIBOEKSOEK is vanaf nou tot 26 Junie 2020 oop en inskrywing is gratis.

Die 10de kykNET Silwerskermfees vind vanjaar vanaf 24 – 30 Augustus 2020 plaas.

Hoe om in te skryf:

  • Registreer op die Silwerskermblad by silwerskerm.tv
  • Kies vir watter kategorie jy wil inskryf: NUUTGESKEPTE KORTFILM, BESTAANDE WERKE of DRAAIBOEKSOEK.
  • Films kan elektronies gelaai word op die aansoekvorm vir BESTAANDE WERKE. Die film moet tot 1 GB saamgepers word en filmmakers of vervaardigers moet kies of hulle in kompetisie wil wees.
  • Voltooi die inskrywingsvorm volledig elektronies. Moenie enige name by jou konsep aandui nie.
  • Betaal die inskrywingsfooi voordat jy jou inskrywing in handig. Geen veranderings word toegelaat na die betaling.

Volg die Silwerskermfees 2020 op Facebook, Twitter en Instagram.

  • 5

Kommentaar

  • Avatar
    TERSIA THERON

    Goei dag.
    Ek skryf kort stories as 'n stokpertjie en het nog nooit enige iets publiseer nie. Ek wil graag weet of enige een mag inskryf? As ons kan, moet die inskrywing 'n video wees of mag dit geskreef wees?

  • Haai Tersia. Enige iemand kan in skryf. Jy sal vir die 'nuwe konsepte' afdeling in skryf. Jy moet jou storie in 250-300 woorde voorstel (geen videos). Registreer op die website en kyk na die inskrywings form, dan sal dit meer sin maak

  • Hi ek wil graag weet. As jy onsuksesvol is by die NUWE KONSEPTE, mag jy nogsteeds inskryf by DRAAIBOEKSOEK?

  • Avatar
    Lizelle Julie

    Goeie dag... Ek is Lizelle Julie

    Ek het 'n groep jong mans wat kortfilms maak. Hulle is van Upington in die Noord Kaap en wil regtig baie graag van hierdie platvorm gebruik maak on hul stories met die wêreld te deel.

    Kan hulle nog hul aansoek indien en wat alles moet hulle deur gee?

    Baie dankie

  • Avatar
    Izé van der Westhuizen

    Hi! Ek weet dit is die laaste dag van inskrywings maar ek sukkel al die hele week om te registreet. Ek ontvang nooit die email om verder te gaan met my inskrywing nie. Wat moet ek doen? Ek het op my foon en laptop probeer en met twee verskillende emails.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top