Huis, woning, tuiste: Elize Perrin se inskrywings

  • 0

My tuiste

My hart se lêplek
sal jy nie tussen mure vind;
nêrens op ’n vlakte
of in enige raam vasgebind

tuiste is ’n hartsplek
wat geld nie kan koop;
gebou met liefde en respek –
geseën met emmers vol hoop

tuiskom spoel vrede
oor die spore van jou siel;
dit bou ‘n woorde-brug
waar geliefdes saam kniel

my tuiste is gebou
in die holte van jou hart
waar liefde oorwin
oor daaglikse smart

 

Eendag

My onthou is nie in mure vasgemessel;
nie in deure vasgeskroef –
dit nestel in my hart
tussen liefde, omgee en knippies smart

Met bloedbande bou ek my fondament
geanker in die Ewige Rots –
tuis in die wêreld van nou
met beloftes vir ééndag toegevou


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top