Huis, woning, tuiste: Storiemure

  • 0

Storiemure

Hoe vreemd toe ek weer terug kon kom
het jy jouself met ouderdom en doodnormaal vermom

jou deurkosyn en vensters wat my so stip aankyk
het my vasgevang, aangegryp

ek tel tot tien
my oë gesluit
en hoop om weer te sien
hoe my kinderdae agter die deur sou staan en wegkruip

ek tas na jou kastele
maar vind net beboste dele

waar is my kindwees?
waar is die stories wat ek in jou blaaie so sorgeloos kon raaklees?

ek sou nooit kon dink dat wanneer ek groot is, jy so klein sou wees nie
ek weet nie meer hoe om jou storiemure te lees
nie hoe om jou krulkop kind te wees nie


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top