Huis, woning, tuiste: Stilbaaihuis

  • 0

Stilbaaihuis

Ons woon
In ’n huis omring deur
twee-en-dertig
melkhoutbome.

Boomgees,
bosbok, geelslang,
pofadder
verdra ons
solank lewe.

Maar die waaisand wag.
Waaisand het al
die tyd in die heelal.

Sal argeoloë dalk
hier naamlose
gebeentes uitgrawe
eendag?
Miskien.
Dalk nie.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top